Return to search

Urban greening in South Africa : an analysis of present trends and recommendations for the future

Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: The abolishment of Apartheid and the transition to a democratic political dispensation has
ushered in a new era for urban development in South Africa. This change implies a range of
challenges for managing urban areas which also includes the urban environment. Urban
environmental creation (defined as activity to green the urban environment) holds the potential to
mitigate the consequences caused by Apartheid to South Africans and in addition, if planned
properly and applied sensibly, can contribute significantly towards social and economic
prosperity in this country.
Relatively few attempts to date have been made to research urban greening within the so-called
new South African context. Currently a lack of vision exists regarding strategy development for
future urban greening and dissension regarding the objectives of urban greening has been
identified as a key problem area. This makes it particularly difficult to take decisions at project
execution level. From the outset, the aims of this research were two-fold, namely to measure
progress at project co-ordination level and further to conceptualise a theoretical framework for
future decision making.
The literature review documents the agendas for urban greening, both past and present. An,
analysis of various urban planning and design strategies, together with South African central
government policies which refer to urban environmental management, has shown that a paradigm
shift is occurring within the urban greening discipline. This shift is characterised by a movement
away from urban greening which focuses on secondary social needs of people, and a shift
towards urban greening which is more sensitive to the primary social and economic needs of
cities' inhabitants.
This research uses a case study approach to measure progress gained in urban greening practise
and to determine the current state of affairs. A sample of projects for analysis was obtained from
four organisations. Information gathered was then analysed in terms of selected characteristics.
In addition, the execution processes (planning, implementation, construction and maintenance) of
four urban greening development projects, which were selected randomly from the sample, are
described. The research is concluded with a synthesis of findings and recommendations into a conceptual
framework for future decision making. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die beëindiging van Apartheid en die oorgang na 'n demokratiese politieke bestel het 'n nuwe
era vir stedelike ontwikkeling in Suid Afrika ingelui. Hierdie verandering hou 'n reeks nuwe
uitdagings vir stedelike bestuur in, wat onder andere ook die bestuur van die stedelike omgewing
insluit. Stedelike omgewingsskepping, wat gedefinieer kan word as aktiwiteit om die stedelike
omgewing te vergroen, besit die potensiaal om skade wat Apartheid aan Suid Afrikaners
berokken het te temper en kan voorts, indien dit deurdag beplan en aangewend word, bydra tot
sosiale en ekonomiese welvaart in Suid Afrika.
Tot hede, is daar nog betreklik min navorsing oor stedelike vergroening binne die sogenaamde
Nuwe Suid Afrika konteks onderneem. Daar bestaan tans groot leemtes aangaande die gedaante
wat stedelike vergroening binne 'n post-Apartheid konteks behoort te verbeeld, weens twee-spalt
wat heers met betrekking tot doelwitte. Gepaardgaande hiermee, bestaan daar ook geen
aanvaarbare strategie vir die toekoms nie. Al hierdie probleme tesame bemoeilik sinvolle
besluitneming op grondvlak. Hierdie navorsing stel dit dus breedweg as mikpunt om die konteks
van stedelike vergroening in Suid-Afrika te bepaal, vordering wat sedert demokratisering in die
veld bereik is te meet en verder om 'n raamwerk vir die toekoms daar te stel.
Die agendas vir stedelike vergroening (soos wat dit in die verlede was en hoe dit tans uitsien),
word in die literatuuroorsig gepeil. 'n Ontleding van 'n verskeidenheid van stadsbeplannings en -
ontwerp strategieë tesame met 'n ontleding van Suid Afrikaanse sentrale owerheidsbeleid wat
betrekking het op stedelike omgewingsbestuur, bevestig meegaande 'n hipotese wat gestel is,
naamlik dat 'n paradigma verskuiwing besig is om plaas te vind in die stedelike vergroenings
veld. Hierdie paradigma verskuiwing word gekenmerk deur 'n beweging weg vanaf stedelike
vergroening wat gefokus is op die sekondêre sosiale behoeftes van mense en 'n beweging na
stedelike vergroening wat fokus op die primêre sosiale en ekonomiese behoeftes van stedelinge.
'n Navorsingsprojek is onderneem ten einde die huidige stand van gekoordineerde stedelike
vergroenings ontwikkeling, aldus stedelike vergroening wat spesifiek gemik is op die
ontwikkeling van gemeenskappe wat deur die vorige politieke stelsel in Suid Afrika benadeel is,
te meet. 'n Steekproef vir analise is verkry, deur 'n vraelys ondersoek te loods onder vier
organisasies wat as gevallestudies deel neem. Stedelike vergroenings ontwikkelingsprojekte wat
deur hierdie organisasies gelys is (die steekproef elemente) is dan aan die hand van geselekteerdekenmerke en eienskappe vergelyk en ontleed. Gepaardgaande hiermee volg daar ook 'n
prosesbeskrywing van vier stedelike vergroenings ontwikkelings projekte wat subjektief uit die
vier gevallestudies geselekteer is. Die doel hiervan is om gedetailleerde insae te verskaf tot die
wyse hoe stedelike vergroenings ontwikkelings projekte tans tot uitvoering gebring word.
Die navorsing word saamgevat deur 'n sintese van bevindings en aanbevelings in 'n teoretiese
raamwerk vir toekomstige besluitneming.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52598
Date12 1900
CreatorsMeyer, Dawid Frederik
ContributorsGrundy, I. M., Stellenbosch University. Faculty of AgriSciences. Dept. of Forest and Wood Science.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format109, [42] pages
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0032 seconds