Afrikaans text / Die uitverkiesingsleer is vanaf die vroeë Kerkgeskiedenis aan stryd gekenmerk, wat sedertdien geakkumuleer het. Die vername vrug hiervan is twee teenpole, naamlik Calvinisme teenoor Arminianisme. Hierdie entiteite blyk onversoenbaar te wees en impliseer twee groot vrae wat `n derde vraag (of moontlikheid) antisipeer, naamlik dat daar oor beide gevra moet word: Kies God só? `n Verdere vraag onstaan, naamlik of die Christelike gemeenskap met hierdie toestand tevrede kan wees, veral terwyl blyk dat hierdie stryd intensiveer.
In hierdie dogmaties-historiese ondersoek blyk dit dat die antwoord op hierdie vraag negatief is: God kies nie só nie. Die bedoeling is nie om met harde beslistheid `n oordeel te fel nie, maar is dit deel van die soeke na `n beter begrip van hierdie leerstuk wat soveel energie in beslag geneem het en tot verdeeldheid binne die Christendom gelei het. Derhalwe word voorgestel dat daar in hierdie doolhoof `n moontlike middeweg tussen die twee ongenaakbare sienings, óf `n alternatief, weg van die tradisionele is.
Die doel hiervan is egter nie om die tradisionele uitverkiesingsleer met `n absolute alternatief te vervang nie, maar eerder bydraend in die soeke na `n oplossing te wees. Derhalwe is die bedoeling hiervan nie om enige tradisionele siening op `n destruktiewe manier te kritiseer, of deur `n eulogie te kanoniseer as eksklusief-waaragtig nie.
In hierdie literêre ondersoek word die ganse uitverkiesingsleer nie hanteer nie. Daar word as verteenwoordigende model veral op die probleem binne Protestantse kringe gekonsentreer – spesifiek op die probleem onder fundamentele evangelies-gesindes. Die klem of fokus word vernou om langs die tradisionele hoofmomente van Augustinus/Pelagius en Calvinisme/Arminianisme by die sogenaamde „Evangelicals‟ uit te kom. Hierdie stuk bepaal sigself dus by die evangeliese stroom binne die Protestantisme.
Behalwe vir `n historiese oorsig, word kritiek op die tradisionele uitverkiesingsleer gelewer. Daar word ook op die Vyf Punte van Calvinisme gefokus, aangesien dit redelik verteenwoordigend van dié leer is. Besondere probleme, wat steeds heersend is, word uitgewys, waarna alternatiewe in die soeke na `n oplossing hanteer word. Uiteindelik word `n voortgesette, volgehoue en gemeenskaplike soeke na `n antwoord op die vraag: “Hoe kies God?”, voorgestel. / The doctrine of predestination is since the early beginnings of Church History featured by strife which is currently accumulating. A prominent result hereof is the entity of Calvinism, with its antipole, Arminianism. These entities seem to be irreconcilable and imply two major questions with the anticipation of a third, namely that it should be asked of both: Does God choose in this manner? A further question arises, namely if the Christian community is satisfied with this condition, especially when it seems that this strife is intensifying.
In this dogmatic-historical enquiry it seems that the answer is negative: God does not choose in this manner. The intention is not to pass decisive judgement, but rather to obtain a better understanding of this doctrine which led to division and discord within Christianity. Consequently a possible middle course is proposed between these two entities, or an alternative, away from the traditional tendentiousness.
The purpose hereof is not to replace the traditional doctrine of predestination with an absolute alternative, but rather contributing in search for a solution. Therefore the intention is not to criticize any traditional view in a destructive manner nor, on the other hand, canonize it as exclusively veracious.
This literary study will not cover all aspects of the doctrine of predestination. The problem with this doctrine under fundamental, evangelicals will be taken as a model and the focus of this study. The focus will be further narrowed to the traditional momentums of Augustine/Pelagius and Calvinism/Arminianism which culminates in the evangelical movement. This study confines itself basically to Protestantism.
Except for the historical review, criticism will be provided on the traditional doctrine of predestination. This will also focus on the Five Points of Calvinism, seeing that it is representative of this doctrine. Particular prevailing problems will be pointed out where after proposals for a solution will be suggested. Finally a continued, sustained and common search for an answer to the question: “In which manner does God choose?”, will be proposed. / Philosophy, Practical and Systematic Theology / D. Th. (Sistematiese Teologie)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/4974 |
Date | 02 1900 |
Creators | Mienie, Johannes Diederick |
Contributors | Van Niekerk, Rassie |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | other |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 1 online resource (ix, 205 leaves), application/pdf |
Page generated in 0.0111 seconds