Return to search

Compliance with SABS ISO9000: an audit firm perspective

M.Comm. / Selde in die geskiedenis van die mens was daar so 'n ingrypende mate van verandering soos wat tans plaasvind. Nuwe dinge word daagliks beproef, verbeterde metodes word ontwikkel, bestaande rekords word gebreek en hoer hoogtes word bereik. Die besigheidswereld is insgelyk aan verandering onderhewig. Veranderinge van die afgelope agtien maande behels eerder 'n totale omwenteling vir Suid-Afrikaanse besighede. Skielik is Suid-Afrika weer deel van die internasionale sakegemeenskap. Dit impliseer dat Suid-Afrikaanse besighede met buitelandse maatskappye op die wereldmark op gelyke voet moet meeding. Die voldoening aan IS09000 blyk deel van die internasionale spel te wees. IS09000 is `n internasionale kwaliteitstandaard wat modelle vir kwaliteitstelsels voorstel. Indien Suid-Afrikaanse besighede internasionaal wil meeding, is hierdie 'n belangrike aspek om in gedagte te hou. Hierdie skripsie handel juis oor hierdie eksternse bedreigings (of geleenthede) vir Suid- Afrikaanse besighede. Dit is veral die toepaslikheid van die IS09000-standaard op die ouditprofessie wat onder die loep geneem word. `n Verdere oefening is die ondersoek van die vereistes waaraan voldoen moet word ten einde IS09000-sertifisering te verkry. Die redes en voordele van sertifisering word aangespreek asook literatuur oor die kwaliteitsbestuur. Die huidige mate van voldoening aan die IS09000-standaard by Onderneming A is gemeet. Hierde proses het verskeie gestruktueerde onderhoude met sleutel bestuurspersoneel ingesluit. Die gevolgtrekking waartoe gekom word, is dat Onderneming A tans the aan die IS09000-kwaliteitstandaard voldoen the. Dit is egter the 'n negatiewe weerspieling van die Onderneming of sy mense the, maar eerder te wyte aan die eiesoortige standaard van die vereistes van IS09000. Klem word op die formele dokumentasie geplaas en dit beInvloed die resultaat van die studie. Dit het verder geblyk dat opvattings en persepsies oor die bestuur van kwaliteit van mens to mens, asook oor verskillende posvlalcke heen, verskil. 'n Aksieplan word voorgestel wat Onderneming A in staat behoort te stel om aan die standaardvereistes te voldoen.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:9640
Date06 September 2012
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0017 seconds