Return to search

Oudithervorming van klein maatskappye / Audit reform of small companies

Die oogmerk van hierdie studie is om die waarde van 'n klein maatskappy-oudit te bepaal
en om daarvolgens 'n geskikte hervormingstrategie vir sodanige audits te bepaal. 'n
Literatuurstudie is uitgevoer met betrekking tot die ontwikkeling en aard van klein
maatskappy-oudits, die toepaslikheid van Suid-Afrikaanse ouditstandaarde op klein
maatskappy-oudits en die verwagtings van die gebruikers van 'n klein maatskappy se
finansiele state. Die voormelde aspekte is daarna empiries getoets ten einde 'n algemeen
aanvaarde hervormingstrategie vir klein maatskappy-oudits te formuleer.
Uit die literatuurstudie is verskeie kenmerke van 'n klein maatskappy ge"identifiseer.
Daarvolgens is argumente aangevoer wat die waarde van 'n klein maatskappy-oudit bevraagteken,
soos dat belanghebbendes nie die geouditeerde finansiele state vir besluitnemingsdoeleindes
aanwend nie, en dat die tradisionele behoefte aan ouditering nie by klein
maatskappye bestaan nie, omdat die aandeelhouers en bestuur (direkteure) gewoonlik
dieselfde persona is.
Die empiriese navorsing onder die vernaamste gebruikers van klein maatskappye se
finansiele state, naamlik sodanige maatskappye se aandeelhouers en/of direkteure, die
Suid-Afrikaanse lnkomstediens, bankinstellings en praktiserende ouditeure, het aan die lig
gebring dat daar nie eenstemmigheid ocr 'n objektiewe definisie van 'n klein maatskappy
bestaan nie. Die oorheersende kenmerk van 'n klein maatskappy is dat die eienaarskap
van so 'n maatskappy in die bestuur (direkteure) gesetel is. As 'n algemene norm kan 'n
maatskappy egter as klein geklassifiseer word indien dit nie twee van die volgende
maatstawwe oorskry nie: Omset R12 miljoen; totale bates R6 miljoen; vyftig werknemers.
Die empiriese ondersoek het verder getoon dat die primere gebruikers van klein
maatskappye se finansiele state 'n positiewe houding oor so 'n maatskappy-oudit huldig
en dat geouditeerde finansiele state van klein maatskappye wei gebruik word tydens
bedrywighede en/of vir besluitnemingsdoeleindes en dat Suid-Afrikaanse ouditstandaarde
redelik gepas is in 'n klein maatskappy-ouditomgewing. Die huidige
openbaarmaking- en dokumentasievereistes van toepassing op aile maatskappye, word
egter as te omvangryk beskou.
Die slotsom van die studie is dat 'n klein maatskappy-oudit wei 'n bestaansreg geniet
omdat dit waarde toevoeg. Gevolglik behoort die konvensionele statutere audit behou te
word; die algemeen aanvaarde rekeningkundige-vereistes behoort egter vir klein
maatskappye afgeskaal word. / The purpose of this study was to determine the value of a small company audit and then
to establish a suitable reform strategy for such audits. A literature study was performed of
the development and nature of small company audits, the applicability of South African
auditing standards to small company audits and the expectations of the users of the
financial statements of a small company. These aspects were then empirically tested to
formulate a generally accepted reform strategy for small company audits.
The literature study distinguished various characteristics of a small company. Arguments
were raised which questioned the value of small company audits, for instance that the
interested parties did not use the audited financial statements for decision-making and
that the traditional need of auditing does not exist with small companies as the
shareholders and management (directors) usually are the same people.
The empirical research among the main users of the financial statements of small
companies, namely its shareholders and/or directors, the South African Revenue
Services, financial institutions and practising auditors revealed that there is no acceptable
objective definition of a small company. The dominant characteristic of a small company is
that the ownership of such a company vests in management. A company can, as a
general norm, be classified as small if it does not exceed two of the following three
measures: Turnover R12 million; total assets R6 million; fifty employees.
The empirical investigation also showed that the primary users of the financial statements
of small companies have a positive attitude towards a small company audit, that the
audited financial statements of small companies are used in the performance of their
activities and/or decision-making and that South African auditing standards are reasonably
applicable to a small company audit environment. The current disclosure and documentation
requirements applicable to all companies are, however, regarded as too
comprehensive.
This study led to the conclusion that a small company audit is justified because it adds
value. The conventional statutory audit should therefore be retained but the generally
accepted accounting requirements should be scaled down for small companies. / Auditing / D. Compt. (Toegepaste Rekenmeesterskap)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/18059
Date30 November 1998
CreatorsBarac, K. (Karin)
ContributorsBecker, H. M. R.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (xxvii leaves, 511 pages)

Page generated in 0.0035 seconds