Return to search

'n Beskrywing van ouers, onderwyseresse, spraak-taalterapeute en oudioloë se persepsies oor die uitkomstes van 'n ouditief-verbale benadering tot opvoeding by jong kinders met 'n gehoorverlies / Thesis

Thesis (M Speech Path)--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: Various approaches to the communication-development of the young child with a hearing impairment exist, of
which the auditory-verbal approach is one. This approach is based on the principle that the child with a hearingimpairment
develops speech- and language skills by using his/her residual hearing that is appropriately
strengthened with the use of a hearing aid and/or cochlear implant. One of the most important requirements for
the successful application of this approach is the appropriate transfer of the techniques and strategies that is used
in institution-based intervention to the child’s home environment. Parents, teachers, speech-language therapists
and audiologists are responsible for facilitating the transfer of intervention methods and acquired skills to the
home environment and it is important that all team members are aware of his/her own, as well as each other’s
roles, in the application of this approach. The principal aim of the proposed research project was to describe and
explain the perceptions of parents/caregivers, teachers, speech-language therapists and audiologists, that are
involved in the intervention of the hearing impaired child, regarding the auditory-verbal approach to education.
Semi-structured interviews were conducted with nine parents of hearing impaired children younger than the age
of four, and with four teachers that are involved in the education of the said children. Lastly, semi-structured
interviews were held with four speech-language therapists and two audiologists that are involved in the provision
of the intervention to hearing impaired children younger than four years. All the participants were affiliated with
a specific centre for children with hearing impairment in the Western Cape province of South Africa.
All the participants noted that parents must take part in the decision-making process with regards to the selection
of the most suitable communication approach for their child with a hearing loss. Participants also agreed that
most parents choose the auditory-verbal approach to communication development of their child because speech
as a communication medium, is familiar to them and it is also associated with normality. Parents also indicated
that the auditory-verbal approach is the most suitable approach for all children with a hearing loss. Teachers,
speech-language therapists and audiologists did not completely agree with the parents as they mentioned some
aspects, e.g. the presence of additional disabilities must be taken into account before a decision can be made
regarding whether the child with hearing loss could follow the auditory-verbal approach to communication
development.
All participants displayed a positive attitude towards the auditory-verbal approach and it appears that parents,
teachers, speech-language therapists and audiologists have good insight into the principles and outcomes of this
approach. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Daar bestaan verskeie benaderings tot kommunikasie-ontwikkeling by die jong kind met gehoorverlies waarvan
die ouditief-verbale benadering een opsie is. Hierdie benadering is gebaseer op die beginsel dat die kind met
gehoorverlies spraak- en taalvaardighede ontwikkel deur gebruik te maak van hulle residuele gehoor wat deur
middel van die gebruik van ‘n gehoorapparaat en/of kogleêre inplanting toepaslik versterk word. Een van die
belangrikste vereistes vir die suksesvolle toepassing van die benadering is toepaslike oordrag van die tegnieke en
strategieë wat in terapie gebruik word, na die kind se tuisomgewing. Ouers, onderwysers, spraak-taalterapeute en
oudioloë speel ‘n baie belangrike rol om hierdie oordrag na alledaagse kontekste te fassiliteer en dit is belangrik
dat elke spanlid bewus is van sy/haar rol asook die ander lede se rolle in die toepassing van die benadering. Die
hoofdoelwit van die voorgestelde navorsingsprojek was om ouers/versorgers, onderwyseresse, spraaktaalterapeute
en oudioloë, betrokke by die intervensie en opvoeding van die kind met gehoorverlies, se
persepsies rakende die ouditief-verbale benadering tot opvoeding te beskryf en te verduidelik. Tydens die studie
is daar semi-gestruktureerde onderhoude gevoer met onderskeidelik nege ouers van kinders, jonger as vier-jaar
oud, met gehoorgestremdheid en met vier onderwyseresse wat betrokke is by die die opvoeding van genoemde
ouers se kinders met gehoorverlies. Laastens is daar ook semi-gestruktureerde onderhoude gevoer met vier
spraak-taalterapeute en twee oudioloë wat betrokke is by die verskaffing van intervensie aan kinders met
gehoorverlies, jonger as vier-jaar oud. Al die deelnemers was verbonde aan ’n spesifieke sentrum vir kinders
met gehoorverlies in die Wes-Kaap provinsie van Suid Afrika.
Al die deelnemers het aangedui dat ouers betrek word by die besluitnemingsproses rakende die keuse van die
mees geskikte kommunikasie-benadering vir die kind met gehoorverlies. Deelnemers het almal saamgestem dat
ouers meestal die ouditief-verbale benadering tot kommunikasie-ontwikkeling vir hulle kind kies omdat spraak
as kommunikasiemedium bekend is aan die ouers en verband hou met normaliteit.
Ouers het aangedui dat die ouditief-verbale benadering die mees toepaslike benadering is vir enige kind met
gehoorverlies. Onderwyseresse, spraak-taalterapeute en oudioloë het nie volkome saam met die ouers gestem nie
en hulle het genoem dat daar sekere aspekte, byvoorbeeld die teenwoordigheid van bykomende gestremdhede, is
wat oorweeg moet word voor daar besluit word of die kind die ouditief-verbale benadering tot kommunikasieontwikkeling
moet volg.
Deelnemers het oor die algemeen ‘n positiewe houding getoon teenoor die ouditief-verbale benadering en dit wil
voorkom asof ouers, onderwyseresse, spraak-taalterapeute en oudioloë goeie begrip toon van die beginsels en
uitkomstes van die benadering.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/6530
Date03 1900
CreatorsCoetzer, Tarien
ContributorsGerber, Berna, University of Stellenbosch. Faculty of Health Sciences. Dept. of Interdisciplinary Health Sciences. Speech-Language and Hearing Therapy.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageEnglish
Format193 p.
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.003 seconds