Return to search

'n Waarderingsperspektief van ouers se betrokkenheid by hul kinders se leerproses in 'n landelike omgewing / Melanie Nel

Die doel van die navorsing was om vanuit „n waarderingsperspektief 'n kwalitatiewe ondersoek te doen oor ouers se betrokkenheid by hul kinders se leerproses in 'n landelike omgewing. Die populasie het bestaan uit ouers met kinders in 'n primêre skool in 'n landelike omgewing, te Wellington. Inligting is bekom deur die voer van individuele onderhoude met ouers en 'n fokusgroeponderhoud. Data is ontleed en drie temas met subtemas en kategorieë is geïdentifiseer. Bevindinge en gevolgtrekkings is gemaak met betrekking tot ouers se betrokkenheid by hul kinders se leerproses. Daar is bevind dat ouers wel betrokke is by hul kinders se leerproses. Ten opsigte van hierdie navorsingstudie word tot die slotsom gekom dat die ouers deurentyd betrokke is by hul kinders se leerproses en hoë ideale vir hulle kinders koester. Ongeag lang werksure probeer hulle steeds betrokke wees. Die ouers wil graag vir hul kinders net die beste gee en koester beter beroepe vir hulle kinders. / MA (Psychology), North-West University, Potchefstroom Campus, 2014

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:nwu/oai:dspace.nwu.ac.za:10394/13401
Date January 2014
CreatorsNel, Melanie
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageother
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0015 seconds