Return to search

The role of industries in providing basic life-skills education to unskilled black employees in the Empangeni/Richards Bay industrial areas

Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: Historically, the majority of South Africans were denied access to free, compulsory and
general education (National Multi-Plan, 1997:1). This means that many citizens did not
have access to that educational foundation necessary for further learning, quality
employment opportunities or even full and active social and political participation. Various
arguments throughout this study imply that the South African education system presented
unequal educational opportunities for most of its people. In this case, Black Education
failed to produce people with the necessary skills for our economy. To compensate these
people, the opportunities for education should be created everywhere in schools, sports
clubs, NGOs and more importantly, in workplaces because education is the key for
survival. Due to the need for economic growth and the need for skilled workers, large
numbers of adults should be provided with extensive adult education. In other words,
industries should become educational centres where employees could be equipped with
numeracy and literacy programmes which would improve production and basic life-skills
necessary to meet the demands of the economy at large.
The study sought to find out "what role the two industries play in providing basic life-skills
education to unskilled Black employees in the Empangeni/Richards Bay industrial areas".
This was an empirical survey involving the target population of unskilled Black employees
and facilitators of the adult education programmes of the lllovo Sugar Milling and
Spoornet industries. In this study two different types of questionnaires were designed and
used to ascertain the respondents' disposition towards adult education programmes. In
each industry one questionnaire was administered to the unskilled Black employees and
another to the facilitators of adult education progarmnes.
The research sample comprised of seven unskilled Black employees from lllovo, twentyfive
unskilled Black employees from Spoomet, two facilitators from Illovo and another two
facilitators from Spoornet industries. The data collected from the sample attempted to
answer the following research questions:
./ What basic day-to- day life-skills are needed by unskilled Black employees in the
industries?
./ How effective are these programmes to unskilled Black employees in the industries?
./ How accessible are these programmes to unskilled Black employees?
These questions necessitated a literature study and an empirical survey as research tools. It
has emerged from the study that adult education is seen as an agent for social change and
instrument for social development. The study seeks to assess the extent to which these programmes:
.:. Fulfil the day-to-day basic needs of unskilled Black employees, in for example, financial
management or identifying and using sources of informatiom like directories and
maps .
•:. Fulfil the literacy and numeracy needs of unskilled Black employees, in for example,
appending signatures, reading newspapers and bank forms .
•:. Cultivate good habits in the workplace such as punctuality, time management, safety
precautions and proper procedures.
The findings reveal that adult education programmes in industries were valuable and
useful to employees as they were able to transfer the skills acquired from the programme to
the real world situation. These life-skills included counting money, writing names and
letters, appending signatures, reading newspapers and safety precautions signs,
understanding road signs and making telephone calls.
The researcher concludes with a number of recommendations including the following:
~ Each industry should establish a building named a 'college' or 'centre' within its
premises where adult education programmes will be presented.
~ Each industry should have its own policy documents regarding the provision of worker
life-skills education.
~ All workers have a right to paid education and training leave. This means that skilled,
semi-skilled and unskilled workers should be entitled to four or six weeks of paid leave
per year for further education throughout their working life. / AFRIKAANSE OPSOMMING: As gevolg van die historiese en politieke ontwikkeling in Suid-Afrika is die meerderheid
van die bevolking toegang tot vrye, verpligte en algemene onderwys ontsê (National Multi-
Plan, 1997: 1). Dit het tot gevolg gehad dat die meerderheid van die bevolking dus ook
nie toegang gehad het tot verdere onderwys en gevolglik ook nie tot goeie werksgeleenthede
en dus deelname aan die maatskaplike en politieke lewe ontneem is. In hierdie navorsing
word minderwaardige onderwysgeleenthede wat aan die meeste swart mense gegee is
uitgewys. Dit het tot gevolg gehad dat swart onderwys nie die opgeleide menslike
hulpbronne kon lewer wat die ekonomie nodig gehad het nie. Ekonomiese groei is
afhanklik van opgeleide menslike hulpbronne en om dit moontlik te maak behoort
onderwysgeleenthede in groot getalle vir volwassenes geskep te word. Daarom behoort
skoolfasiliteite, sportklubs, nie-regeringsorganisasies en die werkplek benut te word om
onderwys aan die ongeletterde volwassene te gee. Dit impliseer dat nywerhede geleenthede
vir geletterdheids- en syfervaardigheidsprogramme vir hulle werkers behoort te skep sodat
hulle toegerus kan word met basiese lewensvaardighede en sodoende hulle lewenskwaliteit
en produktiwiteit verhoog kan word.
Met die navorsing is gepoog om vas te stel watter rol nywerhede in die Empangeni-
/Richardsbaai-gebied speel in die verskaffing van onderwys in basiese lewensvaardighede
aan hulle ongeskoolde swart werkers. Twee verskillende vraelyste en onderhoude is
gebruik om data in te samel by 'n steekproef van die ongeskoolde swart werkers en die
fasiliteerders van onderwysprogramme aan volwassenes by Illovo Suikermeule en Spoornet.
Daar is gepoog om die respondente se houdings ten opsigte van onderwysprogramme aan
volwassenes in dié twee nywerhede vas te stel. Die navorsinsteekproef het sewe
ongeskoolde swart werkers en twee fasiliteerders van Illovo Suikermeule en vyf-en-twintig
ongeskoolde swart werkers en twee fasiliteerders van Spoornet ingesluit.
Met behulp van die ingesamelde data van die steekproef is gepoog om die volgende vrae te
beantwoord:
- Watter basiese lewensvaardighede benodig die ongeskoolde swart werkers in hierdie
twee nywerhede?
- Watter onderwysprogramme vir volwassenes is deur die twee nywerhede daargestelom
in die onderwysbehoeftes in basiese lewensvaardighede van die ongeskoolde swart
werkers te voorsien?
Hoe toeganklik is hierdie programme vir die ongeskoolde swart werkers?
Hoe effektief is die programme vir ongeskoolde swart werkers in die twee nywerhede?
Om die vrae te probeer beantwoord was dit noodsaaklik om 'n literatuurstudie te doen, 'n
vraelysopname te onderneem en onderhoude te voer. Die doelstellings met die navorsing was om te bepaal in watter mate die onderwysprogramme vir volwassenes in die twee
nywerhede:
voorsien in die daaglikse behoeftes van ongeskoolde swart werkers byvoorbeeld om
hulle finansies te bestuur en om inligtingsbronne soos gidse en kaarte te identifiseer en
te gebruik;
voorsien in die geletterdheids - en syfervaardigheidsbehoeftes van ongeskoolde swart
werkers soos die gebruik van 'n handtekening, die lees van koerante en die invul van
bankvorms;
lei tot 'n bewuswording en 'n besef van die belangrikheid van onderwys aan
ongeskoolde swart werkers;
ongeskoolde swart werkers voorberei om akademiese ondersteuning, soos byvoorbeeld
hulpverlening met skoolwerk, aan hulle kinders te voorsien;
'n bewuswording skep van die maatskaplike, politieke, kulturele en ekonomiese
verband waarin ongeskoolde swart werkers hulle bevind. Dit sluit die verskaffing van
onderwys in basiese lewensvaardighede met betrekking tot vigs, gesinsbeplanning en
kiesersopvoeding in; en
die aankweek van goeie gewoontes in die werksituasie soos stiptelikheid. tydsbestuur,
die toepassing van veiligheidsmaatreëls in die gebruik van korrekte procedures tot
gevolg het.
Die bevindinge van die navorsing dui daarop dat onderwysprogramme aan volwassenes in
die nywerhede waardevol en nuttig vir die ongeskoolde swart werkers is aangesien dit hulle
in staat stelom die vaardighede wat hulle aangeleer het na die werklike alledaagse
lewenssituasie oor te dra. Hierdie vaardighede sluit onder andere in die tel van geld, die
skryf van hulle name en briewe, die gebruik van 'n handtekening vir die ondertekening van
dokumente, die lees van koerante en kennisgewings i.v.m. veiligheidsmaatreëls, die
verstaan van padtekens en die maak van telefoonoproepe. Dit blyk ook uit die navorsing
dat onderwysprogramme aan volwassenes as 'n werktuig van maatskaplike ontwikkeling
beskou word.
Die aanbevelings wat op grond van die bevindinge van die navorsing gemaak word, sluit
onder andere die volgende in:
Nywerhede wat groot getalle ongeskoolde swart werkers in diens het, behoort 'n beleid
ten opsigte van onderwysprogramme in basiese lewensvaardighede aan werkers te hê.
Elke nywerheid behoort fisiese fasiliteite vir die aanbieding van onderwysprogramme
aan volwassenes op die perseel te hê. Hierdie fisiese fasiliteit kan 'n "kollege" of
,,s»entrum genoem wor d.
Alle werkers behoort die reg te hê op vier tot ses weke betaalde onderwys-en
opleidingsverlof per jaar.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52569
Date04 1900
CreatorsNcube, Thenjiwe Patricia
ContributorsKapp, C. A., Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Education Policy Studies.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format164 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0034 seconds