Return to search

Die slagveld van teks en betekenis : enkele aspekte in die dramatiek van Breyten Breytenbach

Thesis (MDram)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: The productions of Breyten Breytenbach's dramas created unprecedented (negative)
reaction amongst the audience members. The themes and the representation of these
themes through the use of language and images caused the alienation of many
audience members. One of the main causes of alienation was the problem the
audience had in understanding the text.
The two Afrikaans dramas, Boklied and Die Toneelstuk will be placed in the
postmodern theatrical tradition to give a methodology for the reading of the texts.
The study also examines the nature of intertextuality to show how the use of
intertextuality helps to create meaning.
The theatrical productions bring the texts to life and therefore the study will also refer
to the productions of these texts. The experience of a postmodern theatre piece does
not imply that no meaning can be attributed to language and action. The attribution
of meaning in production and texts like Boklied and Die Toneelstuk is not always
based on the use oflanguage. The audience/reader of these texts becomes the cocreators
of meaning. This study tries to show a range of interpretations and possible
meanings of these texts. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die dramas van Breyten Breytenbach het met die produksie daarvan ongekende en
negatiewe reaksie onder die Afrikaanse gehore ontlok. Die temas en die uitbeelding
van hierdie temas in produksie en in die taal wat Breytenbach gebruik het, het tot
vervreemding by die gehoor gelei. Een van die hoofredes vir die vervreemding by
die gehoor was dat hulle probleme gehad het om die teks te verstaan.
Die twee Afrikaanse dramas, Boklied en Die Toneelstuk word in hierdie tesis binne
die postmoderne teaterstroom geplaas om aan te toon hoe diƩ tipe teatertekste gelees
kan word. Die studie ondersoek ook die aard van intertekstuele verwysings in die
dramas- om aan te toon hoe hierdie verwysings help met die skepping van betekenis
by die kyker/leser van hierdie tekste.
Die geskrewe dramateks kan eers ten volle in die lewe geroep word in die produksie
van die teks en daarom word daar in die bespreking van die tekste ook na die
opvoerings verwys. Die belewing van 'n postmoderne teaterstuk beteken nie dat daar
nie betekenis aan aksie en taal toegeskryf kan word nie. Die toeskrywing van
betekenis is, in gevalle soos die produksies van Boklied en Die Toneelstuk, nie altyd
tekstueel gebaseer nie. Die toeskouer/leser van hierdie tekste is medeskepper van
betekenis. Die studie poog om die vele moontlikhede van interpretasie en die
betekenis van hierdie tekste uit te lig.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53386
Date12 1900
CreatorsDu Preez, Petrus
ContributorsHauptfleisch, T., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Drama.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format200 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0026 seconds