Return to search

An investigation to introduce BIM in undergraduate civil engineering teaching to improve construction processes

Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2015. / ENGLISH ABSTRACT: The popularity of Building Information Modelling (BIM) has grown rapidly within the construction
industry, motivated by its potential advantages for improving construction processes. A majority of
the world’s leading firms have adopted BIM solutions by moving from 2D or even 3D CAD to BIM
techniques. However, for companies in South Africa this transition has not been the same as for firms
in Europe and the USA.
Besides the improvements which can be achieved by viewing a computer model of the designed
facility, BIM provides a multi-disciplinary tool, to be used for collaboration of all project parties in a
real-time simulated model of construction process. Due to this remarkable feature, the way of
constructing a designed facility can be viewed and analysed from the conceptual stages and can
improve design and construction processes.
As this object-oriented approach has been developed in the industry, handbooks and standards have
been released to support BIM utilization. A considerable amount of research has been conducted to
establish the advantages and barriers in applying BIM. A large number of investigations have also
been performed for reporting quantified achievement of construction projects executed in BIM
environment.
As such, a new knowledge field has been added to the industry requirements. BIM knowledge has
become more demanding and BIM-specialist requirements have been enhanced. As a result, academia
have been stimulated to raise BIM awareness among engineers, architects and construction managers
to train sufficiently qualified professionals for applying BIM tools. Universities started offering
different courses and programmes to fulfil this need while a variety of strategies have been developed
for introducing BIM to the students at different levels.
This research studied the current industry situation in South Africa regarding application of BIM and
the role of universities to achieve a suitable level of BIM capability. The industrial and educational
situations from some pioneering countries are reviewed as lessons for the South African adoption of
BIM. Comparing these facts, proposals for introducing BIM through university courses are provided
to satisfy industry requirements for the application of BIM in projects. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die gewildheid van Bou Inligtingsmodelle (Building Information Modelling (BIM)) het vinnig
gegroei in die konstruksie bedryf as gevolg van die voordele wat dit vir die verbetering van
konstruksieprosesse inhou. ʼn Groot aantal van die wêreld se voorste konstruksie maatskappye het al
die oorgang vanaf 2D en selfs 3D RGT (Rekenaar Gesteunde Tekenstelsels) na BIM gemaak.
Ongelukkig is hierdie oorgang na BIM metodes nog nie so doeltreffend vir maatskappye in Suid-
Afrika soos in die geval van Europese en Amerikaanse maatskappye nie.
Daar is al bewys dat die vermoë om na ʼn rekenaarmodel van ʼn ontwerpte fasiliteit te kan kyk baie
voordelig is. Daarbenewens bied BIM ʼn multidissiplinêre grondslag wat vir die samewerking van alle
betrokke partye van die projek gebruik kan word en die projek kan simuleer as ʼn funksie van tyd.
Hierdie tyd-afhanklike simulasie stel die bestuur in staat om die manier waarop ʼn ontwerpte fasiliteit
gebou word, reeds vanaf die konsepsuele fase, te beskou en te ontleed. Hierdie vermoë kan die
ontwerp en konstruksieproses asook die fasiliteitsbestuur proses merkwaardig verbeter.
As gevolg van die ontwikkeling van hierdie objek georiënteerde benadering deur die bedryf, is
handboeke en standaarde vrygestel om die gebruik van BIM te ondersteun. ‘n Merkwaardige
hoeveelheid navorsing is al gedoen om die voordele en struikelblokke in die toepassing van BIM te
identifiseer. ‘n Groot aantal ondersoeke is ook al geloots om verslag te doen op die prestasie van
konstruksie projekte wat deur middel van BIM uitgevoer was.
Vanuit die bogenoemde ondersoeke en navorsing is 'n nuwe kennisveld gevoeg by die vereistes van
die bedryf. Die kennis van BIM het al hoe meer veeleisend geword en die vereistes vir ʼn BIMspesialis
het verhoog. As gevolg hiervan is akademici aangemoedig om ingenieurs, argitekte en
konstruksie bestuurders meer bewus te maak van BIM sodat daar genoeg professionele werkers
opgelei kan word wat BIM kan implementeer. Universiteite het begin om kursusse en programme aan
te bied om hierdie behoefte te bevredig, terwyl 'n verskeidenheid metodes om studente bloot te stel
aan BIM op verskillende vlakke ontwikkel is.
In hierdie navorsingsprojek is die huidige stand van Suid-Afrikaanse konstruksiemaatskappye ten
opsigte van die toepassing van BIM ondersoek. Daarbenewens is die rol wat universiteite speel om 'n
voldoende vlak van BIM vaardigheid te bereik ook ondersoek. Die industriële en opvoedkundige
omgewings van 'n paar vooraanstaande lande word gebruik as lesse vir die Suid-Afrikaanse
aanvaarding van BIM. Deur hierdie feite te vergelyk, is voorstelle gemaak vir die bekendstelling van
BIM in universiteitskursusse om aan industrievereistes te voldoen vir die toepassing van BIM op
projekte.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/96697
Date03 1900
CreatorsTabesh, Mahsa
ContributorsWium, Jan, Stellenbosch University. Faculty of Engineering. Dept. of Civil Engineering.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format235 pages : illustrations
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0029 seconds