Return to search

DIE VERHOUDINGSVOORNEME VAN MOTORKOPERS IN DIE VRYSTAAT

Die hoofdoel van die studie is om vas te stel of die verhoudingsvoorneme van motorkopers in die
Vrystaat as basis vir marksegmentering gebruik kan word ten einde te bepaal of klante ân
positiewe verhoudingsvoorneme toon en derhalwe in ân verhouding met die onderneming wil
verbind (sien afdeling 1.7). Die sekondêre doelwitte om hierin te slaag was om:
ô Die bedryfsinisiatiewe binne die verhoudingsbemarkingkonteks van die Suid-
Afrikaanse motorbedryf te ondersoek. ân Literatuurstudie is onderneem en die resultate
word in hoofstuk 1 bespreek. Die bevindinge uit hoofstuk 1 is toegepas op die
aanbevelings van verhoudingsvoorneme van kopers van nuwe motors in die Vrystaat;
ô Verhoudingsbemarking te definieer en die ontstaan, ontwikkeling en rasionaal
daarvan te ondersoek. ân Literatuurstudie is onderneem en die resultate is in hoofstuk 2
bespreek. Die bevindinge uit Hoofstuk 2 is toegepas op die aanbevelings van
verhoudingsvoorneme van kopers van nuwe motors in die Vrystaat;
ô Die dimensies van verhoudingsvoorneme te ondersoek. ân Literatuurstudie is
onderneem en elke dimensie van verhoudingsvoorneme (betrokkenheid, verwagtinge,
vergewensgesindheid, terugvoer en risiko vir verhoudingsverlies) is bespreek. Die
resultate wat uit die literatuurstudie verkry is, is in hoofstuk 3 bespreek en is gebruik in
die ontwikkeling van die vraelys wat klante se verhoudingsvoorneme meet;
ô Marksegmentering en teikenbemarking te ondersoek en verhoudingsvoorneme as Å
nuwe basis vir marksegmentering voor te stel. ân Literatuurstudie is onderneem en al
die beginsels van marksegmentering is ondersoek. Die resultate is in Hoofstuk 4
bespreek. Die verskillende segmenteringsbasisse, wat ook verhoudingsvoorneme en
winsgewendheid insluit, is bespreek. Die bevindinge uit hierdie hoofstuk is gebruik in
die ontwikkeling van die vraelys wat ten doel gehad het om ân profiel van klante met ân
verhoudingsvoorneme te bepaal;
ô Om die verhoudingsvoorneme van kopers van nuwe motors in die Vrystaat te
ondersoek en aanbevelings aan die Suid-Afrikaanse motorbedryf te maak ter
verbetering van aksies. ân Aangepaste vraelys is ontwikkel om die verhoudingsvoorneme
van kopers van nuwe motors in die Vrystaat te bepaal. Hierdie vraelys is
gebruik tydens ân opname onder kopers van nuwe motors in die Vrystaat. Die
navorsingsmetodologie en empiriese resultate is in Hoofstuk 5 bespreek. In Hoofstuk 6 is gevolgtrekkings en aanbevelings afgelei vanuit die resultate in Hoofstuk 5.
Hierdie navorsing het dus suksesvol verloop en bogenoemde doelwitte is bereik.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:ufs/oai:etd.uovs.ac.za:etd-09052008-065351
Date05 September 2008
CreatorsMentz, Margaretha Henriëtta
ContributorsProf TFJ Steyn, Dr JH van Zyl
PublisherUniversity of the Free State
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen-uk
Detected LanguageUnknown
Typetext
Formatapplication/pdf
Sourcehttp://etd.uovs.ac.za//theses/available/etd-09052008-065351/restricted/
Rightsunrestricted, I hereby certify that, if appropriate, I have obtained and attached hereto a written permission statement from the owner(s) of each third party copyrighted matter to be included in my thesis, dissertation, or project report, allowing distribution as specified below. I certify that the version I submitted is the same as that approved by my advisory committee. I hereby grant to University Free State or its agents the non-exclusive license to archive and make accessible, under the conditions specified below, my thesis, dissertation, or project report in whole or in part in all forms of media, now or hereafter known. I retain all other ownership rights to the copyright of the thesis, dissertation or project report. I also retain the right to use in future works (such as articles or books) all or part of this thesis, dissertation, or project report.

Page generated in 0.005 seconds