Thesis (MComm)--Stellenbosch University, 2015. / ENGLISH ABSTRACT: Big data is an emerging technology and its use holds great potential and benefits for
organisations. The governance of this technology is something that is still a big
concern and as aspect for which guidance to organisations wanting to use this
technology is still lacking.
In this study an extensive literature review was conducted to identify and define the
business imperatives distinctive of an organisation that will benefit from the use of
big data. The business imperatives were identified and defined based on the
characteristics and benefits of big data. If the characteristics and benefits are clear,
the relevant technology will be better understood. Furthermore, the business
imperatives provide business managers with guidance to whether their organisation
will benefit from the use of this technology or not.
The strategic and operational risks related to the use of big data were also identified
and they are discussed in this assignment, based on a literature review. The risks
specific to big data are highlighted and guidance is given to business managers as to
which risks should be addressed when using big data. The risks are then mapped
against COBIT 5 (Control Objectives for Information and Related Technology) to
highlight the processes most affected when implementing and using big data,
providing business managers with guidance when governing this technology. / AFRIKAANSE OPSOMMING: ‘Big data’ is 'n ontwikkelende tegnologie en die gebruik daarvan hou baie groot
potensiaal en voordele vir besighede in. Die bestuur van hierdie tegnologie is egter ʼn
groot bron van kommer en leiding aan besighede wat hierdie tegnologie wil gebruik
ontbreek steeds.
Deur middel van 'n uitgebreide literatuuroorsig is die besigheidsimperatiewe
kenmerkend van 'n besigheid wat voordeel sal trek uit die gebruik van ‘big data’
geïdentifiseer. Die besigheidsimperatiewe is geïdentifiseer en gedefinieer gebaseer
op die eienskappe en voordele van ‘big data’. Indien die eienskappe en voordele
behoorlik verstaan word, is 'n beter begrip van die tegnologie moontlik.
Daarbenewens bied die besigheidsimperatiewe leiding aan bestuur sodat hulle in
staat kan wees om te beoordeel of hulle besigheid voordeel sal trek uit die gebruik
van hierdie tegnologie of nie.
Die strategiese en operasionele risiko's wat verband hou met die gebruik van ‘big
data’ is ook geïdentifiseer en bespreek, gebaseer op 'n literatuuroorsig. Dit
beklemtoon die risiko's verbonde aan ‘big data’ en daardeur word leiding verskaf aan
besigheidsbestuurders ten opsigte van watter risiko's aangespreek moet word
wanneer ‘big data’ gebruik word. Die risiko's is vervolgens gekarteer teen COBIT 5
(‘Control Objectives for Information and Related Technology’) om die prosesse wat
die meeste geraak word deur die gebruik van ‘big data’ te beklemtoon, ten einde
leiding te gee aan besigheidsbestuurders vir die beheer en kontrole van hierdie
tegnologie.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/96684 |
Date | 04 1900 |
Creators | Smeda, Jorina |
Contributors | Steenkamp, L. P., Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. School of Accounting. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 57 pages |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0018 seconds