Return to search

Ontbondeling en swart ekonomiese bemagtiging in Suid-Afrika in perspektief

M.Com. (Financial Management) / Ontbondeling kan met reg as die sake-onderwerp van 1993 in SA beskryf word. Die siening word gesteun deur Clarke (1994) in sy artikel "Year of unbundling", waarin hy ontbondeling as die grootste kenmerk van die korporatiewe finansieringsakiwiteite van die groot banke in SA gedurende 1993 beskryf. In die voorwoord van die 1993-weergawe van "The Giants" (bylae by Financial Mail) word ontbondeling as die hoofrede vir "the most significant shake-up of corporate SA's shareholding structure" sedert die eerste publikasie van die bylae beskryf (Anon., 1993j:3). Indien ontbondeling as die sake-onderwerp van 1993 in SA beskou word, kan swart ekonomiese bemagtiging as die sake-onderwerp van 1994 in SA beskou word. Ontbondeling en swart ekonomiese bemagtiging was nie net die twee belangrikste onderwerpe van korporatiewe finansieringsaktiwiteite in SA gedurende die afgelope twee jaar nie, maar moontlik ook die twee onderwerpe wat die meeste gedurende die periode in die SA sakewereld bespreek is. Daar het in die proses verskeie wanindrukke oar die twee begrippe ontstaan en die hoofredes daarvoor was waarskynlik eerstens dat beide onderwerpe op een of ander wyse aan die politieke en ekonomiese transformasie in die land gekoppel is, en tweedens dat dieselfde name, byvoorbeeld Sanlam, Barlow Rand en Anglo American, telkens tydens 'n bespreking van die twee onderwerpe opgeduik het. Hierdie dokument poog onder andere om die twee begrippe, wat beide ook as "prosesse" beskryf kan word, duidelik te definieer en te onderskei, onder andere aan die hand van voorbeelde, in perspektief te stel, van die wanindrukke uit die weg te ruim en die gebeure rondom beide onderwerpe gedurende die afgelope twee jaar aan 'n paar gemene faktore, byvoorbeeld die politieke en ekonomiese veranderinge in die land en die rol van die konglomerate in beide prosesse, te koppel.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:3787
Date11 February 2014
CreatorsGeldenhuys, M. L.
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of Johannesburg

Page generated in 0.008 seconds