Thesis (MMus) -- University of Stellenbosch, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: The topic of this thesis is the life and music of Hendrik Hofmeyr, from his birth in 1957
until July 1999. The discussion on his life focusses on the events that influenced the
establishment of his works and also those that had an effect on the style in which
Hofmeyr composes. Although he experienced a steady development and growth as a
composer, Hofmeyr's ten year stay in Italy and the event of the 1997 Queen
Elisabeth of Belgium Composition Competition can be mentioned as major influences
on his life and thus on his work.
Hofmeyr's ideas on music are discussed in Chapter 2. To understand the intention of
his music, it is important to know something of Hofmeyr's approach to music. The
chapter concludes that Hofmeyr can be described as a 'romantic' composer which
provides the reason why he has always been outspoken against the avant-garde
which characterises much of the artmusic of the zo" century.
The style analysis of the following chapter looks at three important parameters of any
composer's style: harmony, melody and form. It further also discusses Hofmeyr's
use of counterpoint and the specific playing techniques he requires of instruments.
These two aspects stand out as particular to the composer's style. Due to the scope
of the thesis, these aspects are dealt with in a limited way.
A more detailed discussion of two compositions follow, the song cycle Alleenstryd
and the String Quartet. Besides an analysis of both works, attention is also given to
how the composer's ideas on music are manifested in these works. The thesis
concludes with a detailed list of works including all works composed up to July 1999.
50 compositions are listed. To allow for maximum exposure of each work, the
duration as well as a description of each work are added to the otherwise standard
information. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis behandel Hendrik Hofmeyr se lewe en werk as komponis vanaf sy
geboorte (1957) tot en met Julie 1999. Die beskrywing van sy lewe is daarop gerig
om aan te dui hoe die gebeure in sy lewe die totstandkoming van sy komposisies en
die styl van sy musiek beïnvloed het. Hoewel daar 'n geleidelike ontwikkeling in sy
groei as komponis bestaan, kan sy tienjarige verblyf in Italië en die Koningin
Elisabeth van België Komposisiekompetisie in 1997 as belangrike invloede uitgelig
word.
In hoofstuk 2 word Hofmeyr se idees oor musiek bespreek. Om die intensie en
gedaante van Hofmeyr se musiek te verstaan, is dit belangrik om hierdie
uitgangspunte van die komponis te begryp. In die hoofstuk word die gevolgtrekking
gemaak dat Hofmeyr in wese 'n 'romantikus' is en dat hy daarom reeds sedert sy
studentejare sterk uitgesproke is teen die avant-garde wat 20ste eeuse kunsmusiek
kenmerk.
Die stylanalise wat daarna gemaak word, behandel drie belangrike parameters van
enige komponis se styl: harmonie, melodie en vorm. Verder sluit dit ook Hofmeyr se
gebruik van kontrapunt in en die spesifieke speeltegnieke wat hy van instrumente
verlang. Hierdie twee aspekte staan uit as besondere eienskappe van die komponis
se musiek. Vanweë die omvang van die tesis, is die bespreking van hierdie aspekte
redelik beperk.
In Meer gedetaileerde bespreking van twee werke volg, naamlik die sangsiklus
Alleenstryd en die Strykkwartet. Buiten 'n analise word ook na ander aspekte van
hierdie werke gekyk, soos byvoorbeeld die wyse waarop die komponis se
uitgangspunte oor musiek in hierdie werke tot uiting kom. Die tesis sluit af met 'n
volledige werklys wat alle werke tot en met Julie 1999 insluit. Daar is altesaam 50
werke. Om soveel as moontlik inligting te verskaf, word buiten die standaard-inligting,
ook die tydsduur en 'n beskrywende paragraaf oor elke komposisie ingesluit.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/51787 |
Date | 04 1900 |
Creators | Roos, Hilde |
Contributors | Ludemann, W., University of Stellenbosch. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of Music. |
Publisher | Stellenbosch : University of Stellenbosch |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | af_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 111 leaves : music. |
Rights | University of Stellenbosch |
Page generated in 0.0028 seconds