Return to search

Die aard en funksie van Afrikaanse kabaret en enkele aanverwante vorme

Thesis (MDram)--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: This study examines the contemporary Afrikaans cabaret and the theatrical forms
related to it. As background to the study and to determine the original nature of
cabaret, I have examined the European origin of the Afrikaans cabaret.
Afrikaans cabaret is discussed further by looking at the nature of the original
Afrikaans cabaret in the 1980’s. As a constantly evolving art form, the Afrikaans
cabaret has undergone multiple changes since its beginning in the 1980’s and
because of this the nature of the contemporary Afrikaans cabaret is discussed
through the use of the comedy sub-genres: stand-up comedy, one man comedy and
sketch comedy. These comedy sub-genres add to the entertainment value of the
cabaret and are discussed through the comic elements that can be used in
contemporary Afrikaans cabaret.
The function of Afrikaans cabaret as social commentator is also examined by placing
it against contemporary Afrikaans rock music. The rock movements referred to in
this study, which are largely related to socio-political commentary, are the 1980’s
Voëlvry-tour as well as the contemporary Afrikaans rock group Fokofpolisiekar.
As conclusion the study finds that cabaret is allusive in nature, but that social
criticism is the core element. It seems, however, that the contemporary Afrikaans
cabaret is more focussed on entertainment without social commentary and that this
contemporary function is influenced by numerous factors. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek die kontemporêre Afrikaanse kabaret en sy aanverwante
vorme. As agtergrond tot die studie en om die oorspronklike aard van kabaret te
bepaal, word daar na die Europese oorsprong van die Afrikaanse kabaret gekyk.
Die Afrikaanse kabaret word verder ondersoek deur na die aard van die
oorspronklike Afrikaanse kabaret in die 1980’s te kyk. As kunsvorm wat voortdurend
vervorm, het die Afrikaanse kabaret sedert die aanvang in die 1980’s baie
veranderinge ondergaan en as gevolg hiervan word die kontemporêre Afrikaanse
kabaret se aard deur middel van die komedie sub-genres: skerpskerts,
eenmankomedie en sketskomedie ondersoek. Hierdie komedievorme dra by tot
kabaret se vermaaklikheidswaarde en word bespreek aan die hand van die komiese
elemente wat in die kontemporêre Afrikaanse kabaret gebruik kan word.
Die Afrikaanse kabaret se funksie as sosiale kommentaar word ook ondersoek en
teenoor kontemporêre Afrikaanse rock-musiek gestel. Die rock-bewegings waarna
daar grotendeels in hierdie studie verwys word, is op sosio-politieke kommentaar
gerig en ondervang daarom die Voëlvry-toer van die 1980’s, sowel as die
kontemporêre rock-musiekgroep Fokofpolisiekar.
Die studie bevind ten slotte dat kabaret ontwykend van aard is, maar dat sosiale
kritiek ‘n kernelement is. Dit blyk egter dat die kontemporêre Afrikaanse kabaret
meer gefokus is op vermaaklikheid sonder sosiale kommentaar en dat hierdie
kontemporêre funksie aan verskeie faktore toegeskryf kan word.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/6769
Date03 1900
CreatorsNel, Maryke
ContributorsDu Preez, Petrus, University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Drama.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format122 p.
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.033 seconds