Return to search

Categorisation and chemical composition of Cape hake (Merluccius ssp.) waste

Thesis (MScAgric)--University of Stellenbosch, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: Cape hake (Merluccius capensis and M. paradoxus) is commercially the most
important trawl-caught fish off the South African, coastline and due to current
intensive fish processing procedures Cape hake contributes the most to the total fishwaste
production. Besides its commercial importance fish is also regarded as one of
the single most important consumable natural resources, either in the raw or frozen
form. Most of South Africa's commercially trawled demersal fish has already been
partially cleaned (i.e. headed and gutted) before landing with non-marketable bycatch
and hake-waste normally disposed of as discards, resulting in a waste of a potential
protein source.
This study was thus aimed at fulfilling several objectives namely: observing the
current large-scale commercial Cape hake harvesting procedure; constructing
prediction models for several morphological parameters (whole hake mass, headed &
gutted hake mass, hake head mass, hake head length, hake head breadth and hake
head height) of Cape hake (Merluccius ssp.), using whole hake length as the
independent variable; and determining the chemical composition (moisture, protein,
fat, ash, macro and trace elements) of several hake head sections (clean head, neck
flesh, tongue, tongue cartilage, jaw, gills, heart, intestines, gut, kidney, kidney &
kidney bone and gut & gall); determining the effect that storage has on the fatty acid
profile of both the clean head and neck flesh sections. The results obtained would
supply necessary data required for techno-economic investigations in the use of hake
heads.
For each of the six prediction models constructed, there was an increase in the
variance of the data points of categories 3 (64-80 cm) and 4 (>80 cm) as opposed to
categories 1 (30-46 cm) and 2 (47-63 cm). This could be attributed to a smaller
sample set for both categories 3 and 4 or due to an expected increase in the variance
when investigating larger biological samples. There was also a clustering of data in
the three areas for each prediction model namely, within category 1 and across
categories 2 and 3 and 3 and 4. This emphasised the latitudinal stratification of the
Cape hake population by age, hence their stratification by size. The prediction
models constructed for both boat trips 2 and 3 differed significantly (p<0.01) from that of boat trip 1, with the exception of the hake head length (cm) prediction model. The
constructed prediction models, for each of the three respective boat trips, showed
good predictive abilities as was indicated by the low Mean Square Error (MSE) values
for the test sets, and high Pearson's correlation coefficient (r) values. These
prediction models can be used in the fishing industry with confidence for Cape hake
within the time frame each respective boat trip was carried out.
The neck flesh could be regarded as the most important concerning chemical
composition whereas the jaw could be seen as the most important when one
considers mineral content. This therefore means that the jaw section, once
appropriately processed is a potential Ca, Na and Fe source for supplementing diets
of people suffering from a Ca, Na or Fe deficient diet. With regard to chemical status
the neck flesh section is seen as a good potential source of both protein and fat,
which could be attributed to the fact that hake muscle constitutes a major portion of
this section. This section could thus be used to supplement the protein and fat of an
existing food product, which is protein and fat deficient for people suffering from a
protein and fat deficient diet.
Similarly, a market could be created for the production of an economical food
product with the neck flesh section being the main ingredient. Once this have been
accomplished, fishing vessels may be persuaded to retain their Cape hake fish-waste
for further processing due to the value of the prepared food products and thereby
maintain profitability while abiding to governmental law.
In conclusion non-government scientists should have more input in the
decision-making process concerning matters affecting South Africa's marine
biodiversity in order for future key policy and legislation drafts to be effective.
Improvement of current fish preservation techniques and the known chemical
composition of currently discarded material will result in informed decisions of future
matters concerning its disposal. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Kaapse stokvis (Merluccius capensis en M. paradoxus) is kommersieel Suid-Afrika se
belangrikste vis spesie. Aangesien die Suid-Afrikaanse visprosesseringsbedryf baie
intensief is, dra die Kaapse stokvis verwerkingsindustrie die grootste gedeelte by tot
die totale visafval produksie. Die meeste van Suid-Afrika se visvangste word
gedeeltelik skoongemaak voor landing terwyl nie-kommersiële byvangste en visafval
gewoonlik oorboord gegooi word tydens die vangproses. Dit lei tot die vermorsing
van 'n potensïele proteïen bron.
Hierdie studie was dus gemik om: die huidige grootskaalse kommersiële
Kaapse stokvis visvangsproses waar te neem; voorspellingsmodelle vir verskeie
morfologiese parameters (heel vis massa, vis massa sonder kop en binnedele,
stokvis kop massa, stokvis kop lengte, stokvis kop breedte en stokvis kop hoogte) vir
Kaapse stokvis (Merluccius ssp.) te ontwikkel deur die hele lengte van die vis te
gebruik as die onafhanklike veranderlike; die chemiese samestelling (vog, proteïen,
vet, as, makro en spoor elemente) van verskillende dele van die viskop (skoonkop,
nekweefsel, tong, tong kraakbeen, kaak, kiewe, hart, ingewand, derm, nier, nier &
nierbeen en derm & gal); sowel as die effek van opberging op die vetsuurprofiel van
beide die skoonkop en nekweefsel dele van die Kaapse stokvis kop. Hierdie resultate
sal dan gebruik word vir die tegnies-ekonomies ondersoek in die gebruik van Kaapse
stokvis koppe.
Vir elk van die ses voorspellingsmodelle ontwikkel, was daar 'n vermeerdering
in die variansie van die datapunte vir kategorieë 3 (64-80 cm) en 4 (>80 cm) teenoor
kategorieë 1 (30-46 cm) en 2 (47-63 cm). Dit kan moontlik wees as gevolg van die
kleiner monster trekking vir beide kategorieë 3 en 4 of as gevolg van verwagte
toename in variansie wanneer groter biologiese monsters ondersoek word. Daar was
ook 'n groepering van data in drie plekke vir elke voorspellingsmodel naamlik; binne
in kategorieë 1 en oor kategorieë 2 en 3 en 3 en 4. Dit beklemtoon die geografiese
breedte van die Kaapse stokvis populasie op grond van ouderdom, en dus die
geografiese breedte op grond van grootte. Die voorspellingsmodelle ontwikkel vir
beide die tweede en derde bootvangs het betekenisvol verskil (p<0.01) van die eerste
bootvangs, behalwe die vir die stokvis kop lengte (cm) voorspellingsmodel. Die voorspellingsmodelle vir elk van die bootvangste het goeie voorspellingsvermoë
getoon wat bewys is deur die lae Gemiddelde Kwadraat Fout waardes vir toetsgroepe
en hoë Pearson's korrelasie koeffisiënt (r) waardes. Hierdie voorspellingsmodelle wat
ontwikkel is, kan dus met vertroue in die Kaapse stokvis visvangsbedryf gebruik word
mits dit ooreenstem met die periode waarin elke bootvangs uitgevoer was.
Die nekweefsel gedeelte is die mees belangrikste met betrekking tot chemiese
samestelling en die kaak die belangrikste in terme van minerale samestelling van die
verskeie viskop dele. Die kaak is dus, as dit voldoende geprosesseer word, 'n goeie
potensïele bron van Ca, Na en Fe en kan dus gebruik word om die dieet van mense
wat 'n gebrek het aan hierdie minerale aan te vul. Met betrekking tot die chemiese
samestelling van die nekweefsel gedeelte kan dit beskou word as 'n goeie potensiële
bron van beide proteïen en vet, wat toegeskryf kan word aan die feit dat spierweefsel
'n groot deel uitmaak van hierdie viskop gedeelte. Hierdie viskop gedeelte sal dus
uitstekend wees om die proteïen- en vetinhoud van 'n voedselproduk wat van nature
'n lae proteïen- en vetinhoud het te verhoog en hierdie produk sou dan geteiken word
op daardie gedeelte van die gemeenskap wat 'n proteïen en vet tekort in hul dieet
het.
As dit eers alles in plek is, dan sal die visvangs bedryf hul Kaapse stokvis afval
behou vir verdere prosessering deurdat dit gebruik word om die voedingsinhoud van
bestaande voedsel soorte sal verbeter en terselfdertyd sal hulle aan wetgewing
voldoen. Gevolglik sal nie-regerings navorsers meer betrokke moet wees by die
besluitnemingsproses met betrekking tot sake wat die Suid-Afrikaanse mariene lewe
affekteer en wat toekomstige wetgewing meer effektief sal maak. Die verbetering van
huidige vis preserveringstegnieke gepaardgaande met die kennis van die chemiese
samestelling van die Kaapse stokvis koppe sal lei na beter toekomstige besluite oor
die afset daarvan.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53730
Date03 1900
CreatorsRoelf, Craig Ashley
ContributorsHoffman, L. C., Manley, M., Stellenbosch University. Faculty of AgriSciences. Dept. of Food Science.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatx, 208 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0024 seconds