Return to search

Die joernalis as openbare skakelbeampte : 'n ondersoek na die teoriee en praktyk van openbare skakelwese en die interaksie daarvan met die joernalisitek

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: Except for employing their journalistic skills in traditional positions at newspapers
and magazines, journalists today also have a choice of a variety of interesting
communication careers. A journalist may choose to be, among others, a copywriter at
an advertising agency, a translator, a presenter on television or radio, a publisher, as
well as a public relations officer (PRO).
Public Relations, especially, has become an increasingly popular career choice for
journalists, mostly at a later stage of their careers. Public relations is a professional
career, and practitioners have long been trained as specialist in their field. Also,
career-orientated courses in public relations are offered at tertiary institutions countrywide.
Despite this, experienced journalists are still top candidates for positions as PROs at a
variety of organisations. However, because public relations has become considerably
specialised and professional over the past 20 years, journalists should acquire extra,
"specialised" skills to practise public relations. Their journalistic skills do, however,
form a basis for a career in public relations. But the skills and techniques of public
relations should still be acquired and applied. The purpose of this mini-thesis is to
discuss these skills, and ultimately prepare journalists for a career in public relations.
Many definitions of public relations exist, but essentially it is a continuous, systematic
and cyclical process that aims to create and maintain a positive image of an
organisation. This process consists of four phases. Research is the continuous gathering and interpretation of information to determine who the organisation's
publics are (demographic information) and what their attitudes towards and
perspectives of the organisation and its products and/or services are. Planning is in
itself a process. Through planning the PRO determines the objectives and strategy of a
communication programme, which should influence the attitudes and perspectives of
the publics. Communication is the execution of the planning through the techniques
of, among others, writing and public addresses. Evaluation determines whether the
objectives of a communication programme have been met.
In addition to these techniques, it should further be noted that public relations is
applied differently within different organisations because the objectives and publics of
organisations differ. A career change from journalism to public relations demands
adjustment. This is discussed in the second part of the mini-thesis.
For a journalist to become a successful PRO, he should acquire and apply the skills
discussed, as well as be prepare to experience the adjustments that distinguish public
relations from journalism. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Behalwe dat joernaliste hul vaardighede inspan in tradisionele poste by koerante en
tydskrifte, kan hulle vandag ook 'n verskeidenheid beroepe in die kommunikasiewese
beoefen. Joernaliste word, onder andere, kopie-skrywers in die advertensiewese,
vertalers, aanbieders op televisie en radio, taalversorgers by uitgewers, asook
openbare skakelbeamptes. Dit is veral die skakelwese wat 'n al hoe meer gewilde
beroepskeuse word onder joernaliste, veral in 'n latere stadium van hul loopbane.
Skakelwese is 'n professionele beroep, en praktisyns word reeds lank as spesialiste op
dié gebied opgelei. Talle beroepsgerigte openbare skakelwese-kursusse word landwyd
by tersiêre inrigtings aangebied.
Maar, ten spyte hiervan, is ervare joernaliste steeds van die top-kandidate VIr
skakelwese-poste by 'n verskeidenheid organisasies. Omdat die skakelwese oor die
afgelope 20 jaar aansienlik meer gespesialiseerd en professioneel geword het, is dit
moeiliker vir joernaliste om dié beroep te betree met net hul joernalistieke
vaardighede. Dit vorm wel die basis vir 'n loopbaan in die skakelwese. Vir joernaliste
om suksesvolle skakelbeamptes te word moet hulle ook die "gespesialiseerde"
vaardighede van die skakelwese aanleer en toepas. Hierdie werkstuk se doel is om die
vaardighede van die skakelwese wat joernaliste moet verwerf, te bespreek en
uiteindelik die joernalis toe te rus vir 'n loopbaan in die skakelwese.
Verskeie definisies van die beroep bestaan, maar essensieel is dit 'n deurlopende,
sistematiese en sikliese proses wat poog om 'n positiewe beeld van 'n organisasie te
skep en te behou. Om die proses in werking te stel moet deur vier fases gegaan word.
Navorsing is die gedurige versameling en interpretasie van inligting waardeur die
skakelbeampte bepaal wie sy gehoor is (demografiese inligting) en wat hul houdings
teenoor die organisasie en sy produkte en/of dienste. Beplanning is 'n proses op sy
eie. Hiermee bepaal die skakelbeampte die doelwitte en strategie van 'n
kommunikasieprogram wat die houdings van sy gehoor moet beïnvloed.
Kommunikasie is die inwerkingstelling van die beplanning deur die tegnieke van ,
onder andere, skryf en openbare optredes. Deur evaluering word bepaal of die
gestelde doelwitte bereik is deur die inwerkingstelling van 'n spesifieke
kommunikasieprogram. Hierby moet skakelbeamptes daarop let dat die skakelwese op 'n unieke manier binne
verskillende tipes organisasies toegepas moet word omdat die doelwitte en gehoor van
organisasie tot organisasie verskil. Om 'n loopbaanverskuiwing van die joernalistiek
na die skakelwese te maak verg 'n aanpassing. Hierna word in die tweede deel van die
werkstuk gekyk.
As 'n joernalis 'n suksesvolle openbare skakelbeampte wil word, sal hy hierdie
vaardighede moet aanleer en toepas, asook bereid wees om die aanpassings, wat die
skakelwese anders as joernalistiek maak, te ervaar.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52209
Date03 1900
CreatorsMuller, Wayne
ContributorsRetief, G.J., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Department of Journalism.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatv, 60 pages : illustrations
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.002 seconds