Return to search

Riglyne vir opvoedkundige sielkundiges vir ouerbegeleiding aan ouers van serebraal-gestremde kinders

M.Ed. / Riglyne kan ontwerp en beskryfword vir opvoedkundige sielkundiges om die ouers van serebraalgestremde kinders te help om die opvoedingsverhouding tussen die ouers en die betrokke kinders te probeer herstel, indien die behoeftes en verwagtings van 'n ouerbegeleidingsprogram van die ouers van hulle serebraal-gestremde kinders verken en beskryf word. Verder kan die aspekte wat opvoedkundige sielkundiges as suksesvol beskou in hulle begeleiding van ouers van serebraalgestremde kinders ook verken en beskryf word. Navorsing oor die behoeftes van ouers van serebraal-gestremde kinders, die ouers se vewagtings van 'n ouerbegeleidingsprogram, asook die bepaling van riglyne vir die opvoedkundige sielkundige om hierdie ouers te help om die opvoedingsverhouding te probeer herstel, kan as 'n integrale deel van die opvoedkundig-sielkundige paradigma gesien word. Van Niekerk (1986:43) onderskei die volgende aspekte as deel van die opvoedkundige sielkundige se terrein, nl. Die gee van voorkomende begelleiding aan ouers en onderwysers ten aansien van die opvoeding, onderwys en ontwikkeling van die kind as persoon. Intervensie, veral ten aansien van die kind en vroee volwassene wie se persoonsvoltrekking probleme openbaar, met die oog op harmoniering van die disharmoniese en die opheffing van sodanige probleme. Hierdie probleme kan in 'n uiteenlopende verskeidenheid simptome manifesteer, wat as verhoudingsprobleme, gesinsprobleme, skoolprobleme, gedragsprobleme, leerprobleme, waaronder onderprestasie, spesifieke leergeremdhede; beroepskennis- en keuseprobleme geopenbaar word. รข ienslewering aan onderwysdepartemente se skoolklinieke en hulpdienste, skole vir buitengewone onderwys; in privaatpraktyke of ander instansies waar by lid is van 'n interdissiplinere en transprofessionele span. Die samestelling van 'n begeleidingsprogram vir ouers van serebraal-gestremde kinders behoort betrekking te he op al hierdie aspekte. Eerstens kan so 'n program gesien word as voorkomemde begeleiding aan die ouers en onderwysers van serebraal-gestremde kinders. Ouers van leerlinge in skole vir buitengewone onderwys kan so 'n begeleidingsprogram, wat aangebied word deur die opvoedkundige sielkundige by die skool, volg as deel van 'n orientasieprogram. Onderwysers kan op hierdie wyse bewus gemaak word van die dinamiek in 'n gesin met 'n serebraal-gestremde kind.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:9596
Date05 September 2012
CreatorsLouw, Ioanna Smaragda
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0017 seconds