Return to search

Die Afrikaanse bestemming van C S Lewis se The voyage of the Dawn Treader

Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: The Chronicles of Narnia by C.S. Lewis is internationally considered as one of the classics of
children’s literature. The series consists of seven books, of which only the first four were
translated into Afrikaans, namely Die Towenaar se Neef (The Magician’s Nephew), Die Leeu,
die Heks en die Hangkas (The Lion, the Witch and the Wardrobe), Die Perd en sy Seun (The
Horse and his Boy) and Prins Kaspian (Prince Caspian). According to the publisher, Human
& Rousseau, they have no intention to translate the remainder of the series. The three books
that have not been translated into Afrikaans are The Voyage of the Dawn Treader, The Silver
Chair and The Last Battle.
The main aim of this study is the practical translation of a selection of The Voyage of the
Dawn Treader. The Functionalist approach of Vermeer and Nord, Toury and Chesterman’s
translation norms from Descriptive Translation Studies, Venuti’s foreignisation and
domestication and Klingberg’s cultural contex adaptation form the theoretical framework for
both the discussion and analysis of the source text as well as the translation. The four types
of translation problems as identified by Nord are used as the framework for the annotations
of the translation.
By doing a theoretically based translation, the connection between theory and practice is
illustrated: the translator chooses a general approach and translation strategies and is
consequently guided to make consistent translation choices on macro as well as micro
levels. / AFRIKAANSE OPSOMMING: C.S. Lewis se Chronicles of Narnia beklee internasionaal ’n gevestigde plek in die kanon van
kinder- en jeugliteratuur. Die reeks bestaan uit sewe boeke, waarvan slegs die eerste vier in
Afrikaans vertaal is, naamlik Die Towenaar se Neef, Die Leeu, die Heks en die Hangkas, Die
Perd en sy Seun en Prins Kaspian. Volgens die uitgewer, Human & Rousseau, word daar nie
verdere vertalings van die reeks beoog nie. Die drie onvertaalde boeke in die reeks is The
Voyage of the Dawn Treader, The Silver Chair en The Last Battle.
Hierdie studie fokus hoofsaaklik op die praktiese vertaling van ’n gedeelte van The Voyage of
the Dawn Treader. Vermeer en Nord se Funksionalisme, Toury en Chesterman se
vertaalnorme uit Deskriptiewe Vertaalstudies, Venuti se vervreemding en domestikering en
Klingberg se kulturele konteksaanpassing dien as teoretiese raamwerk vir sowel die
bespreking en ontleding van die bronteks as die vertaling. Nord se vier tipes vertaalprobleme
dien as raamwerk vir die annotasies tot die vertaling.
Deur ’n teoreties gebaseerde vertaling te doen word geïllustreer hoe teorie en praktyk by
mekaar aansluit: die vertaler kies ’n algemene benadering en vertaalstrategieë, en word
sodoende begelei tot konsekwente vertaalbesluite op makro- en mikrovlak.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/96070
Date12 1900
CreatorsVan der Watt, Marike
ContributorsFeinauer, A. E., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Afrikaans and Dutch.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Format196 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.002 seconds