Return to search

Die geboorte van 'n baba met 'n kongenitale deformiteit van die lip en/of harde en sagte palatum : psigo-sosiale implikasies vir die gesin

Thesis (MSocialWork)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: In this study an explorative and a descriptive design has been implemented with the
aim of obtaining knowledge, insight, and understanding of the psycho-social
implications of a cleft lip and/or cleft palate for the individual child as well as the
family. The motivation for this study was a result of the lack of knowledge on the
psycho-social adjustments of an individual/child with a cleft lip and/or cleft palate and
his/her family. The researcher became conscious of this lack during a full preliminary
inquiry and this lack has been confirmed by the Department of Social Work as well as
the Department of Maxillo-Facial-and Oral Surgery at Tygerberg Hospital. The aim of
this study is therefore to create guidelines concerning social welfare interference in
families after the birth of a baby with a cleft lip and/or cleft palate, in order to improve
psycho-social functioning.
The literature study included occurrence and incidence, embryological development,
etiology of cleft lip and/or cleft palate as well as the psycho-social implications for the
individual/child and the family. The medical aspects, namely the etiological and
embryological development of cleft lip and/or cleft palate only serves as a
background for the medical social worker that forms part of the interdisciplinary team
of a cleft palate/lip clinic. This research focuses primarily on the psycho-social
implications of a cleft lip and/or cleft palate on the individual/child as well on the
family. The literature study also included the theoretical perspectives which
determine the social worker's task and the system and strength perspective has been
focused on. These perspectives have been implemented according to the
development-aimed approach.
The researcher decided to involve ten pre-school children with congenital deformity,
between the ages of one month to six years as well as their mothers, who are from
the service area of the Tygerberg Hospital in the research. The study was determined
by a combination of qualitative as well as quantitative research methods, namely
structured interviews as well as structured questionnaires. The results of this
research confirmed the results of the literature study to a great extent, namely that
individuals/children with a congenital deformity, as well as their families, are a highrisk
group for psycho-social problems. These psycho-social problems indicate
relationship problems in the family, cognitive problems for the individual/child as well as social adjustment problems for the individual/child and the family. Therefore the
results gave an indication of what the content of intervention programmes for this
target group should be.
The recommendations focused on three areas, namely general recommendations
concerning prenatal clinics where the cleft lip and/or cleft palate should be identified,
general recommendations concerning guidelines for the social worker before
intervention in the target group starts and recommendations with the aim of creating
guidelines for social welfare intervention, in order to limit the psycho-social
implications on the individual/child. The recommendations include further research in
order to address society's ignorance concerning cleft lip and/or cleft palate. This
research should focus on the development of social welfare programmes which, by
primary prevention, aim at improved informing the society of this deformity. / AFRIKAANSE OPSOMMING: 'n Verkennende sowel as 'n beskrywende ontwerp is in hierdie studie
geïmplementeer ten einde kennis, insig en begrip oor die psigo-sosiale implikasies
van 'n gesplete lip en/of verhemelte vir individu/kind sowel as die gesin te verkry. Die
motivering vir hierdie studie het na vore gekom weens die leemte rakende kennis oor
die psigo-sosiale aanpassings van 'n individu/kind met 'n gesplete lip en/of
verhemelte en sy/haar gesin. Die navorser het van hierdie leemte bewus geword
tydens 'n volledige voorondersoek en hierdie leemte is deur die Departement
Maatskaplike Werk sowel as die Departement Kaak- en Mondchirurgie te Tygerberg
Hospitaal bevestig. Die doel van hierdie studie is dus om riglyne daar te stel ten
opsigte van maatskaplike intervensie met gesinne ná die geboorte van 'n baba met 'n
gesplete lip en/of verhemelte, ten einde psigo-sosiale funksionering te verbeter.
Die literatuurstudie het die voorkoms en insidensie, embriologiese ontwikkeling,
etiologie van gesplete lip en/of verhemelte sowel as die psigo-sosiale implikasies vir
die individu/kind en die gesin ingesluit. Die mediese aspekte, naamlik die etiologiese
en embriologiese ontwikkeling van gesplete lip en/of verhemelte dien slegs as
agtergrond vir die geneeskundige maatskaplike werker wat deel vorm van die
interdissiplinêre span van 'n gesplete verhemelte/lip kliniek. Hierdie navorsing fokus
primêr op die psigo-sosiale implikasies van gesplete lip en/of verhemelte op die
individu/kind sowel as op die gesin. Die literatuurstudie het ook die teoretiese
perspektiewe wat die maatskaplike werker se taak rig, ingesluit en daar is op die
sisteem- en sterkteperspektief gefokus. Hierdie perspektiewe is aan die hand van die
ontwikkelingsgerigte benadering geïmplementeer.
Daar is besluit om tien voorskoolse kinders met kongenitale deformiteit, dus tussen
die ouderdomme van een maand tot ses jaar sowel as hul moeders, wat vanuit die
Tygerberg Hospitaal se diensarea afkomstig is, by die ondersoek te betrek. Die
ondersoek is deur 'n kombinasie van kwalitatiewe sowel as kwantitatiewe
navorsingsmetodes, naamlik gestruktureerde onderhoude sowel as gestruktureerde
vraelyste, gerig. Die resultate van hierdie ondersoek het tot 'n groot mate die
bevindinge van die literatuurstudie bevestig naamlik dat individue/kinders met 'n
kongenitale deformiteit, sowel as hul gesinne, 'n hoë risikogroep vir psigo-sosiale
probleme is. Hierdie psigo-sosiale probleme dui byvoorbeeld op verhoudings-probleme in die gesin, kognitiewe probleme vir die individu/kind sowel as sosiale
aanpassingsprobleme vir die individu/kind en die gesin aan. Die resultate het dus 'n
aanduiding gegee van wat die inhoud van intervensieprogramme vir hierdie
teikengroep behoort te wees.
Die aanbevelings het op drie areas gefokus naamlik algemene aanbevelings ten
opsigte van voorgeboorteklinieke waar gesplete lip en/of verhemelte geïdentifiseer
moet word, algemene aanbevelings ten opsigte van riglyne vir die maatskaplike
werker voordat intervensie met die teikengroep begin en algemene aanbevelings ten
einde riglyne daar te stel vir maatskaplike intervensie, sodat die psigo-sosiale
implikasies op die individu/kind beperk word. Die aanbevelings sluit in verdere
navorsing ten einde die onkunde van die samelewing ten opsigte van gesplete lip
en/of verhemelte aan te spreek. Hierdie navorsing moet fokus op die ontwikkeling
van maatskaplikewerk-programme wat deur primêre voorkoming die samelewing
beter aangaande die deformiteit inlig.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52773
Date03 1900
CreatorsDe la Rey, Lezanne
ContributorsKruger, S. P., Stellenbosch University. Faculty of Social Sciences. Dept. of Social Work.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Format102 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0023 seconds