Return to search

The role of the community in supporting schools in dealing with selected community based problems

On t.p.: MPhil in Education (Education and Training for Lifelong Learning) / Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: In the South African Schools Act, the principles of partnership and co-operation are strongly
emphasised. The community is given authority by the Department of Education to support the
school.
This research is focused on the role of the community in supporting schools in dealing with
community-based problems such as drug abuse and poverty. The aims of this research were to
determine ways and means in which the relationship between the community and the school could be
promoted, to investigate how the community supports the school in dealing with community-based
problems and to find ways and means by which the school can involve the community.
In this research quantitative and qualitative methodologies were used to collect the data.
Questionnaires were used as quantitative technique while interviews were used as qualitative
technique. Questionnaires were completed by the learners from the four selected schools within the
Khakhu community, educators from the same four schools, and community members. The
respondents for each of the three groups were selected randomly. The quantitative data was
processed using the statistical package for the social sciences. The quantitative data was broken
down into its constituent parts to enable the researcher to find answers to the research questions. The
qualitative data was reduced by breaking it down into categories and by finding trends and clusters of
responses.
The findings of the research revealed that drug abuse is a problem for both the community and the
school. Schools alone cannot deal with drug abuse without the involvement of parents.
It has been found that there are parents who do not want to visit the schools even when invited. Most
of the community members do not know that the smooth running of a school and good learners'
performance result from community involvement in school affairs. If the community could be
involved in school activities, some of the community-based problems could be minimised or prevented. The community and the school are two inter-dependent structures, which should support
each other. The community and the school should work together.
The research indicated that both the community and the school are ready to support each other. A
strong relationship between the community and the school is a possible solution to the problems of
drug abuse and poverty. The principle of partnership and co-operation are part of the solution to the
problem.
Educators should encourage the community to participate in the smooth running of the school. They
should also recognise the importance of the community in dealing with community-based problems.
Sound relationships between the community and the school should be promoted.
Some of the recommendations in this research could help the community and the school in dealing
with these community-based problems. Therefore, the community should support schools in dealing
with community-based problems. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Suid-Afrikaanse Skolewet beklemtoon die beginsels van vennootskap en samewerking baie sterk.
Daar word deur die Departement van Onderwys aan die gemeenskap 'n mandaat gegee om die skool
te ondersteun deurdat die skool in der waarheid deur die gemeenskap besit word.
Die fokus van hierdie navorsing is op die rol wat die gemeenskap kan speel om aan skole
ondersteuning te gee om gemeenskapsgebaseerde probleme soos dwelmmisbruik en armoede te
hanteer. Die doel van die navorsing is om metodes en middele te vind waardeur die verhouding
tussen die skool en die gemeenskap verbeter kan word, om vas te stel hoe die gemeenskap die skool
ondersteun in die hantering van gemeenskapsgebaseerde probleme en om metodes en middele te vind
waardeur die skool groter gemeenskapsbetrokkenheid kan verkry.
In hierdie navorsing is kwantitatiewe en kwalitatiewe metodes gebruik om data te genereer en in te
samel. Om kwantitatiewe data te genereer en te versamel is van vraelyste gebruik gemaak terwyl
onderhoude gebruik is om kwalitatiewe data te genereer en in te samel. Die teikengroep wat gebruik
is om die vraelyste te voltooi het bestaan uit leerders en opvoeders van vier geselekteerde skole in die
Khaku-gemeenskap asook lede van daardie gemeenskap. Die respondente vir elk van hierdie drie
groepe is ewekansig gekies. Die Statistiese Pakket vir die Sosiale Wetenskappe (SPSS) is gebruik
om die data te verwerk. Die kwantitatiewe data is verdeel in verbandhoudende dele ten einde die
navorser in staat te stelom antwoorde op die navorsingsvrae te vind. Die kwalitatiewe data wat
verkry is uit die onderhoude is gekodifiseer en in verbandhoudende kategorieƫ verdeel sodat tendense
uit die data verkry kon word.
Die bevindinge van die navorsing het bevestig dat dwelmmisbruik 'n probleem vir beide die skool en
die gemeenskap is. Die skool kan nie alleen teen hierdie euweloptree as die ouers en dus die
gemeenskap nie ook betrokke is nie. Ouerbetrokkenheid by die sake van die skool is 'n probleem,
want ouers het aangedui dat hulle nie betrokke wil raak by die skool nie, selfs al word hulle genooi.
Die bevindinge dui daarop dat die meeste lede van die gemeenskap nie besef dat die gladde funksionering van die skool en goeie prestasie deur die leerders afhanklik is van die gemeenskap se
betrokkenheid by skoolaangeleenthede nie. Indien die gemeenskap betrokke kan raak by
skoolaktiwiteite, kan sommige gemeenskapsgebaseerde probleme ten minste voorkom of tot 'n
minimum beperk word. Die gemeenskap en die skool is interafhanklik en behoort mekaar te
ondersteun en saam te werk. Die bevindinge van die navorsing dui daarop dat die skool en die
gemeenskap gereed is om mekaar te ondersteun. 'n Gesonde verhouding tussen die skool en die
gemeenskap is 'n moontlike oplossing vir die probleme van dwelmmisbruik en armoede. Die
beginsel van vennootskap en samewerking maak deel uit van hierdie oplossing.
Opvoeders behoort gemeenskapsbetrokkeneheid by die gladde funksionering van die skool aan te
moedig en erkenning te gee aan die belangrike bydrae wat die gemeenskap kan lewer in die hantering
van gemeenskapsgebaseerde probleme. Gesonder verhoudings van samewerking en ondersteuning
tussen die skool en die gemeenskap moet voortdurend aangemoedig word.
Sommige van die aanbevelings wat in hierdie navorsing gemaak word, kan die skool en die
gemeenskap help om gemeenskapsgebaseerde probleme te hanteer, en die gemeenskap moet die
skool bystaan en ondersteun in die hantering van hierdie probleme.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/50524
Date12 1900
CreatorsMabade, Avhurengwi Samson
ContributorsKapp, C. A., Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Education Policy Studies.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatxii, 106 pages
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0156 seconds