Return to search

Turning points : exploring power transitions in an incremental upgrading process in Enkanini, Stellenbosch

Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2015. / ENGLISH ABSTRACT: This study explored whether co-production of knowledge could contribute to shifting
power from government to citizens in an incremental upgrading process. It is
premised on the notion that such a shift is desirable. The title of the study Turning
points: Exploring power transitions in an incremental upgrading process in Enkanini,
Stellenbosch indicates the complex, transient and shifting power dynamics at play in
the illegal settlement of Enkanini in Stellenbosch.
The study was conducted within a larger transdisciplinary research framework
seeking to implement socio-technical innovations, generated through a co-production
of knowledge process with settlement residents, to move Enkanini towards becoming
a sustainable human settlement. A case study provides an overview of engagement
the residents have had with the local Stellenbosch Municipality, NGOs and academic
researchers from the Sustainability Institute, Stellenbosch University. It is
complemented by the personal narrative of one of the first residents who moved
there in 2006. From personal observations, interaction with residents and coresearchers,
meeting notes, the literature review and a grounded experience over
the three-year study period, four turning points were identified.
These four turning points, interpreted as bifurcations that could open up new ways of
engaging with the present to determine alternative futures are explored dialectically.
The initial problem for each is described, followed by the response and the resultant
challenge that emerged. The four turning points were the initiation of the iShack
concept, the start of the iShack Project, the iShack stakeholders meeting and the
establishment of the Enkanini Research Centre.
As power, in both visible and invisible forms, manifested itself in this volatile
settlement and in awareness that the researchers role held power and that the
researcher’s sets of knowledge, assumptions and prejudices could affect both
research process and outcome, there was a need to find complementary
methodologies to the main transdisciplinary research framework.
Indigenous research methodologies spoke directly to power and the importance of
capacity building and empowering research participants (shifting them to coresearchers),
while reflexive research methodologies allowed the disciplined
reflection and re-reflection to ameliorate influencing of process and outcome. In
addition, each overcame the limitations of the other, in particular the limitation of
transdisciplinary research that does not take power dynamics into account. This
resulted in the creation of a methodological triad and a conceptual mechanism
through which to view the results, termed co-arising.
The three themes that had emerged during the process – understanding through
knowledge co-production, capacity building through the awareness of power
dynamics and engagement with the research space – are fused in this notion of coarising
served by the methodological triad.
The turning points, or bifurcations, were analysed through an “open” coding system
used in grounded theory to minimise pre-conditions determining the outcome. Three
dominant categories emerged – empowerment, identity and agency – as
determinants for shifting power from government to citizens through effective coproduction
of knowledge in an incremental upgrading process. The study concludes
with recommendations for future research. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie wou vasstel of die medeproduksie van kennis kan bydra tot ’n
magsverskuiwing vanaf die regering na burgers in ’n trapsgewyse
opgraderingsproses. Dit het van die veronderstelling uitgegaan dat so ’n verskuiwing
wenslik sal wees. Die titel van die studie, Turning points: Exploring power transitions
in an incremental upgrading process in Enkanini, Stellenbosch, dui op die komplekse,
veranderlike en verskuiwende magsdinamiek in die onwettige nedersetting Enkanini
op Stellenbosch.
Die navorsing is binne ’n groter kruisdissiplinêre navorsingsraamwerk onderneem
wat toegespits was op die inwerkingstelling van sosio-tegniese innovasies om
Enkanini in ’n volhoubare menslike nedersetting te omskep. Die innovasies is deur
medeproduksie van kennis in samewerking met inwoners van die nedersetting
ontwikkel. ’n Gevallestudie bied ’n oorsig van skakeling tussen inwoners en die
plaaslike Stellenbosch Munisipaliteit, nieregeringsorganisasies en akademiese
navorsers van die Volhoubaarheidsinstituut aan die Universiteit Stellenbosch. Dit
word aangevul deur die persoonlike verhaal van een van die eerste Enkaniniinwoners,
wat in 2006 daar ingetrek het. Persoonlike waarnemings, interaksie met
inwoners en medenavorsers, aantekeninge by vergaderings, die literatuuroorsig en
praktiese ervaring oor die studietydperk van drie jaar het vier keerpunte na vore
gebring.
Hierdie vier keerpunte kan vertolk word as bifurkasies wat kan lei tot ’n nuwe
benadering tot die hede vir die skep van ’n alternatiewe toekoms. ’n Dialektiese
verkenning van die keerpunte is gevolglik onderneem. Die aanvanklike probleem
word in elke geval beskryf, gevolg deur die reaksie en die uiteindelike uitdaging wat
daaruit ontstaan het. Die vier keerpunte was die bekendstelling van die iShackkonsep,
die aanvang van die iShack-projek, die vergadering van iShackbelanghebbendes,
en die vestiging van die Enkanini-navorsingsentrum.
Aangesien sowel sigbare as onsigbare vorme van mag in hierdie onstuimige
nedersetting te sien was, en gedagtig daaraan dat die navorser oor ’n magsrol
beskik het en die navorser se kennis, aannames en vooroordele die
navorsingsproses sowel as -uitkoms kon beïnvloed, moes bykomende metodologieë
ter aanvulling van die hoof- kruisdissiplinêre navorsingsraamwerk gevind word. In dié
verband het inheemse navorsing direk betrekking gehad op mag en die belang van
vermoëbou en bemagtiging onder navorsingsdeelnemers (om hulle as’t ware in
medenavorsers te omskep). Oordenkingsnavorsing het weer ’n geleentheid gebied
vir gedissiplineerde besinning en herbesinning om enige beïnvloeding van die
proses en uitkoms te temper. Daarbenewens het elke benadering die beperkinge
van die ander ondervang, veral die geneigdheid by kruisdissiplinêre navorsing om
magsdinamiek buite rekening te laat. Sodoende is ’n metodologiese drietal en ’n
konseptuele meganisme genaamd mede-ontstaan (“co-arising”) geskep, waarmee
die resultate ondersoek kon word.
Die drie temas wat gedurende die proses uitgewys is – begrip deur die
medeproduksie van kennis, vermoëbou deur ’n bewustheid van magsdinamiek, en
betrokkenheid by die navorsingsruimte – is byeengetrek onder die gedagte van
mede-ontstaan, wat deur die metodologiese drietal onderstut is.
Die keerpunte, of bifurkasies, is deur ’n ‘oop’ koderingstelsel uit gegronde teorie
ontleed om die invloed van enige voorafbestaande toestande op die uitkoms te
beperk. Hieruit is drie dominante kategorieë afgelei – bemagtiging, identiteit en vrye
wil – synde bepalende faktore vir doeltreffende medeproduksie van kennis en die
gevolglike verskuiwing van mag vanaf die regering na burgers in ’n trapsgewyse
opgraderingsproses. Die studie sluit af met sekere aanbevelings vir verdere
navorsing.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/96888
Date04 1900
CreatorsWessels, Berry Steenkamp
ContributorsSwilling, Mark, Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. School of Public Leadership.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatxii, 174 pages : colour illustrations
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0029 seconds