Return to search

Die verbetering van dissipline as 'n sleutelbestuurstaak in 'n skool

Die doel van hierdie studie is om die dissiplinêre probleme in skole soos dit in die Oudtshoorn-omgewing voorkom, te identifiseer en aan te spreek. Dit word gedoen deur te let op: • die skoolklimaat wat by 'n skool heers en die uitwerking van die skoolklimaat op die dissipline van`n skool. • die dissiplinêre probleme wat met skooldissipline in skole ervaar word. • die oorsake van skooldissipline en in watter mate die omgewing waarin die skool geleë is 'n invloed op skooldissipline het en • om oplossings vir dissiplinêre probleme soos vasgestel aan die hand te doen. Die studie poog om deur kwalitatiewe navorsingsmetodes vas te stel hoe prinsipale, opvoeders en leerders die huidige dissiplinêre situasie in skole ervaar. Dit poog dus om eerstehandse kennis te verkry van hul denke, gevoelens en gedagtes en hoe hierdie fenomeen hulle beïnvloed. Die studie kyk ook in watter mate skoolklimaat op die breë spektrum van skooldissipline 'n invloed het, en hoe die verbetering van skooldissipline `n sleutelbestuurstaak in 'n skool is. Die belangrikste bevindinge van die studie is dat daar samewerking tussen opvoeders en ouers moet wees om negatiewe leerdergedrag aan te spreek. Die studie dui ook aan dat kommunikasie tussen alle rolspelers van uiterse belang is om die dissiplinêre probleme binne skole aan bande te lê. Skoolleierskap moet hulle ook vergewis van die jongste metodes om dissiplinêre probleme aan te spreek. 'n Positiewe skoolklimaat of kultuur is ondersteunend om skooldissipline te verbeter.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:nmmu/vital:9542
Date January 2007
CreatorsSeptember, Willie Jeffrie
PublisherNelson Mandela Metropolitan University, Faculty of Education
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis, Masters, MEd
Formatxii, 83 leaves ; 30 cm, pdf
RightsNelson Mandela Metropolitan University

Page generated in 0.0016 seconds