Return to search

Collages as 'n strategie in die selfbewuswording van die adolessent.

My skripsie is ‘n beskrywing van die gebruik van collages in ‘n aktiewe en informele leersituasie. Dit beklemtoon collages as strategie in die selfbewuswording van die adolessent. Collages as onderrigstrategie kan veral sinvol gebruik word in Lewensoriëntering. Daarom is my navorsingsvraag: Hoe kan collages gebruik word as ‘n strategie in die selfbewuswording van die adolessennt ? Collages is die kuns om prente of foto’s (selfs tekeninge of skrywe) op papier of karton te rangskik en vas te plak. Kinders en selfs volwassenes vind dit soms makliker om te praat deur middel van prente. Die navorsingsbenadering is kwalitatief met ‘n aksienavorsingsontwerp. Data is versamel deur middel van waarneming en veldnotas in ‘n joernaal en collages. Foto’s is van die collages geneem as deel van datavaslegging. Die data is geanaliseer deur na temas te soek. Uit die temas kon vasgestel word dat collages wel gebruik kan word as ‘n strategie om selfbewuswording van adolessente te fasiliteer. / Ms. H. Krige

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:9740
Date24 June 2008
CreatorsCloete, Suzette
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0025 seconds