Return to search

'n Kritiese beskouing van die beheertaak in die partikuliere onderneming in die Republiek van Suid-Afrika

M.Com.(Business Management) / Beheer as een van die take van bestuur, soos reeds in 1916 deur Fayol beskryf, is in die moderne idioom nie 'n losstaande taak wat in isolasie beoefen word nie. Dit word vandag erken dat beheer aIleen sinvol toegepas kan word indien dit reeds vanaf die beplanningsfase doelbewus met die ander bestuurstake geintegreer is. Koontz & 0 I Donnell (1976 635) sê in die verband: "Before there can be any meaningful control, both plans and organization structure must be as clear, complete, and integrated as possible". Schutte (1981:14) bepleit 'n verdere veredeling van die integrasieproses wanneer hy sê: "If an organisation is to become more effective and efficient it has to move from an empirical type of management structure to a normative type ... ", waar die normatiewe bestuurstruktuur streef na die optimalisering van die tydsbesteding aan beplanning en beheer van bestuurders op die onderskeie vlakke in die organisasiestruktuur. Binne die beheertaak is beheerstelsels kernbelangrik vir die voortgesette suksesvolle funksionering van 'n onderneming, want sonder beheerstelsels is daar geen lewensvatbare meganisme om te verseker dat hulpbronne effektief toegedeel en benut word nie, aldus Steers, et al. (1985 : 207). Die behoefte aan beheermaatreëls en -tegnieke wat deurlopend aangepas word by die veranderende omstandighede waaraan bestuur blootgestel is, is 'n integrale komponent van die proses van voortdurende verfyning van die totale bestuurstaak...

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:3703
Date10 February 2014
CreatorsPretorius, Johannes Stephanus
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of Johannesburg

Page generated in 0.0017 seconds