Thesis (MAdmin)--Stellenbosch University, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: Apartheid statutes like the former Group Areas Act created what is referred as "Apartheid
Dormitory Cities". Khayelitsha is a typical creation of apartheid. As a result Khayelitsha faces
many socio-economic challenges such as poverty, low standard of living characterised by low
income distribution or no income, high rate of unemployment, illiteracy, education problems,
housing problems, health problems and poor economic conditions. Attempts were made to create
civic associations and development structures to deal with socio-economic challenges in
Khayelitsha, but all those attempts never brought about development solutions. The Khayelitsha
community tends to have a poor participatory planning role in development related issues.
Khayelitsha as an apartheid legacy city will take a long time to dismantle in social, economic and
purely practical terms. Rebuilding Khayelitsha equitably will be a tough exercise. The
government strives to develop South Africa from a society of racially based compartmentalisation
into a non-racial, developed country with equal opportunities, better education, health, housing and
employment.These challenges are Khayelitsha's major problems which cannot be solved overnight.
The problem faced is the re-integration of the separated zones of the former group areas. This
makes it difficult to share the economic resources that are needed in Khayelitsha in order to solve
its socio-economic problems. The integration of cities will only come about if the restructuring is
in accordance with specific needs of the Khayelitsha community. People of Khayelitsha should be
involved in the planning of their own city and be able to make informed decisions.
The objective of this thesis is to analyse related development issues and challenges in Khayelitsha
and to provide possible solutions contributing to development.
Government and development agencies can draw lessons from the recommendations of this thesis
and come up with sustainable and people-centred development-related strategies. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Eertydse Apartheidswetgewing soos die herroepte Groepsgebiedewet as een van die wetgewende
elemente van die Apartheidsperiode, was verantwoordelik vir die skepping van sogenaamde
"apartheidslaapdorpe". Khayelitsha kan beskou word as 'n tipiese voorbeeld en skepping van so 'n
"slaapdorp" as gevolg van Apartheid. As direkte resultaat hiervan ervaar Khayeltisha talle sosio-ekonomiese
uitdagings soos armoede, lae lewenstandaarde gekenmerk deur huishoudings met lae
inkomste verdelings en in sommige gevalle geen inkomstes, hoƫ werkloosheid, ongeletterdheid,
onderwysprobleme, behuisingsprobleme, gesondheidsprobleme en algemene swak ekonomiese
omstandighede. Pogings is wel in die verlede aangewend om burgerlike organisasies in Khayelitsha
van stapel te stuur, maar hierdie pogings het daarin gefaal om werklike en meetbare
ontwikkelingsoplossings te bewerkstellig. Die Khayelitsha gemeenskap vervul 'n beperkte
deelnemende beplanningsrol in ontwikkelinggebaseerde aangeleenthede.
In praktyk sal Khayelitsha, as apartheidstad, lank neem om volwaardig te ontluik in terme van
sosiale-, ekonomiese-, en verwante aanwysers en sal die regverdige en verteenwoordigende
heropbouingsproses nie sonder struikelblokke ervaar word nie. Die Suid-Afrikaanse Regering
strewe daarna om die land te ontwikkel vanaf 'n samelewing gekenmerk deur rasgebaseerde
kompartementalisering na 'n nie-rasgebonde gemeenskap met gelyke geleenthede in terme van
onderwys, gesondheid, behuising en werksgeleenthede. Hierdie aangeleenthede vorm deel van die
uitdagings wat Khayelitsha in die oog staar. Oplossings sal nie sommer oornag gevind word nie.
Die probleem wat oorkom moet word is die herintegrasie van aparte sones as gevolg van eertydse
geskepte groepsgebiede. As gevolg hiervan is dit moeilik om ekonomiese hulpbronne, wat
dringend in Khayelitsha benodig word, te herverdeel en te versprei ten einde die omvangryke sosio-ekonomiese
probleem te verlig. Die integrasie van stede en spesifiek Khayelitsha, sal alleenlik
suksesvol wees indien die herstruktueringsproses plaasvind met inagneming van die spesifieke
benodighede en tekortkominge van die gemeenskap. Die gemeenskap van Khayelitsha moet betrek
word in die beplanning van hul eie stad en deurgaans deel vorm van effektiewe konsultasie ten
einde ingeligde besluite te kan maak, iets wat tans ontbreek.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/51684 |
Date | 12 1900 |
Creators | Nqadini, Mlungisi Patrick |
Contributors | Theron, Francois, Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Studies. School of Public Leadership. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 106 pages : illustrations |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0022 seconds