Return to search

The management of community development projects in disadvantaged communities in the Eastern Cape

Thesis (DPhil)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: The purpose of this research study is to present a profile of the community needs and
a description of the community programmes which are in operation at the SHARE
organisation. Furthermore, the study aims at compiling data that will attempt to
determine how the SHARE project meets the principles for social welfare, namely
securing basic welfare and human rights, equity, non-discrimination, accountability,
accessibility, appropriateness, transparent quality service, democracy and ubuntu.
For purposes of achieving the above aims and the objectives of the study, a literature
review was undertaken and empirical research data were gathered and are
presented in this study. The literature review support data relevant to the study, and it
involves the historical background of social work and community development in
Britain, Europe, Great Britain, the United States of America and South Africa. The
above historical background is crucial in understanding events that led to community
development initiatives in South Africa, especially in relation to the SHARE project
under study. Furthermore, a developmental approach to social welfare in South
Africa, families living in poverty, management of community work projects from a
social work perspective and models of social welfare have been presented. From the
above literature presentation, the role of a community social worker in managing
community projects has been identified. A community social worker's involvement in
managing community projects is important because a social worker possesses expert
knowledge and the skills necessary to facilitate the community's own initiatives in the
development of the community. Community members are therefore supported
towards self-help and self-determination. A local social work practitioner has
succeeded in facilitating the efforts of the KwaNobuhle community in the
establishment of the SHARE projects. She has made use of her expert knowledge
and skill to foster self-initiatives to the KwaNobuhle community to develop their own
community.
A pre-assessment review undertaken by the researcher at the SHARE project and
the KwaNobuhle needs assessment survey data have provided a basis for the
empirical study. In this study, an applied research design has been utilised to demonstrate the
effectiveness and efficiency of a project. Data gathering has been applied by utilising
two instruments. The first instrument, a structured questionnaire was designed to
collect data from a sample size of ten SHARE respondents consisting of service
providers and beneficiaries. The data gathered have been analysed quantitatively.
The second unstructured instrument has collected data from a sample size of eleven
respondents. Respondents interviewed were SHARE beneficiaries and service
providers. Data gathered have been analysed qualitatively. Variables to be
operationalised were the SHARE programmes and the principles of social welfare
which were identified earlier. The purpose of operationalising the above variables
was to determine whether the SHARE programmes are able to meet the principles of
social welfare. With reference to the results of the findings it has been established
that hypothetically the SHARE programmes have been able to meet no less than
70% of the principles of social welfare as proposed by the White Paper (1997).
In conclusion, the SHARE project has projected a positive image of social work
practitioners in South Africa. Social work practitioners in the various provinces are
urged to initiate similar projects so as to enhance social development in South Africa. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie navorsingstudie is om 'n profiel van die gemeenskap se
behoeftes asook 'n beskrywing van die gemeenskapsprogramme wat in gebruik is by
die SHARE-organisasie, saam te stel. Vervolgens is die ondersoek toegespits op die
insameling van inligting om te bepaal in watter mate die SHARE-projek aan die
beginsels van maatskaplike welsyn voldoen, naamlik die versekering van basiese
welsyns- en menseregte, gelykheid, nie-diskriminasie, aanspreeklikheid,
toeganklikheid, relevantheid, gehalte dienslewering, demokrasie en Ubuntu.
Ten einde die genoemde doelstellings en die doelwitte met hierdie studie te bereik, is
'n literatuurstudie gedoen en empiriese navorsingsdata ingesamel. Die literatuuroorsig
rugsteun die data wat relevant is vir hierdie studie en verwys na die historiese
agtergrond van maatskaplike werk en gemeenskapsontwikkeling in Brittanje, Europa,
die Verenigde State van Amerika en Suid-Afrika. Verwysing na die historiese
agtergrond is onontbeerlik om die gebeure te begryp wat aanleiding gegee het tot
gemeenskapsontwikkelingsinisiatiewe in Suid-Afrika, veral met betrekking tot die
betrokke SHARE-projek.
Voorts word 'n ontwikkelingsbenadering vir maatskaplike welsyn in Suid-Afrika,
gesinne wat in armoede leef, die bestuur van gemeenskapswerkprojekte vanuit 'n
maatskaplike werk oogpunt, en modelle vir maatskaplike welsyn aangebied. Uit die
bogenoemde literatuuraanbieding word die rol van 'n maatskaplike werker in die
bestuur van gemeenskapsprojekte uitgelig.
Die betrokkenheid van 'n maatskaplike werker in die bestuur van
gemeenskapsprojekte is belangrik, omdat 'n maatskaplike werker oor die kundigheid
en vaardighede beskik wat nodig is om die gemeenskap se eie inisiatiewe by die
ontwikkeling van die gemeenskap betrek. Lede van die gemeenskap word sodoende
ondersteun om hulself te help en word selfverwesenliking bevorder.
'n Plaaslike maatskaplike werker het daarin geslaag om die inisiatiewe van die
KwaNobuhle gemeenskap te fasiliteer om sodoende die "SHARE"-projekte te
ontwikkel. Sy het haar kundigheid en vaardigheid aangewend om eie inisiatiewe by die
KwaNobuhle gemeenskap te bevorder in die ontwikkeling van hul samelewing. 'n Verkenningstudie wat deur die navorser by die SHARE-projek gedoen is, asook die
data van die KwaNobuhle behoeftebepaling, het die grondslag gelê waarop die
empiriese studie onderneem kon word.
In hierdie studie is van 'n toegepaste navorsingsmodel gebruik gemaak om die
doeltreffendheid en doelmatigheid van 'n projek aan te toon. Dataversameling het dus
geskied deur die gebruik van twee instrumente. Die eerste gestruktureerde vraelys is
ontwerp om inligting uit 'n monstergrootte van tien "SHARE"-respondente, wat uit
diensverskaffers en begunstigdes saamgestel was, te verkry. Hierdie data is
kwantitatief ontleed.
Die tweede ongestruktureerde instrument het data versamel uit 'n monstergrootte van
elf respondente. Respondente met wie onderhoude gevoer is, was SHAREbegunstigdes
en diensverskaffers. Die data wat versamel is, is kwalitatief ontleed.
Veranderlikes wat in werking gestel moes word, was die "SHARE"-programme en die
beginsels van maatskaplike welsyn wat vroeër geïdentifiseer is. Die oogmerk met die
operasionalisering van voorgenoemde, was om te bepaal of die SHARE-programme
aan die beginsels van maatskaplike welsyn voldoen. Na aanleiding van die resultate
van hierdie bevindings is vasgestel dat die "SHARE"-programme, hipoteties gesproke,
aan nie minder nie as 70% van die beginsels van maatskaplike welsyn, soos
voorgestel deur die Witskrif (1997), voldoen het.
Die "SHARE"-projek het 'n positiewe beeld ten opsigte van maatskaplike werkers in
Suid-Afrika geprojekteer. Maatskaplike werkers in die onderskeie provinsies word
aangespoor om soortgelyke projekte te inisieer ten einde maatskaplike ontwikkeling in
Suid-Afrika te bevorder. / wa201509

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53137
Date12 1900
CreatorsMbandazayo, Nosinodi Patricia.
ContributorsGreen, S., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Social Work.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format220 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0031 seconds