Return to search

The implementation of outcomes based education in primary schools in Gauteng.

Die implementering van Uitkoms Gebaseerde Onderig in skole in Suid-Afrika het gepaard gegaan met probleme op alle vlakke in die onderwysdepartement. UGO, ’n nasionale inisiatief, hang ten nouste saam met die agenda van die kultuur van onderrig en leer. Hierdie nasionale strategieë was veronderstel om alle belangegroepe te lei tot konkrete oplossings in die krisis wat die regering ondervind het om aan die menigte aangeleenthede wat hulle in 1994 geteister het, aandag te skenk. UGO is beskou as ’n wyse waarop onderwys aan die sentrale probleem om meer relevant te word, aandag kon skenk: leerders wat in ’n betekenisvolle konteks in omgewings wat hulle leer ondersteun, werk; opvoeders wat vindingryk is om die omgewing te gebruik om leer te optimaliseer; en skole wat in ’n posisie is om hulle groei- en ontwikkelingsplan uit een te sit om sodoende die algemene vlak van onderrig in die land te verbeter. Daar is kommer oor die oënskynlik oneffektiewe implementering van UGO op klaskamervlak. ’n Menigte opleidingsaktiwiteite het plaasgevind, maar probleme bestaan steeds. Wat die ergste is, is dat dit voorkom of dit “dieselfde probleme” is wat herhalend voorkom. Die vraag is waarom. Die doel met hierdie navorsing was om te identifiseer waarom die implementering van UGO by primêre skole nie so suksesvol was as wat dit moes wees nie, in die lig van die opleiding en distriksteun wat vir die opvoeders beskikbaar is. Die navorsing fokus spesifiek op die persepsies van opvoeders met betrekking tot: • Die opleiding van opvoeders om UGO in die klaskamer te implementeer; • Steun deur die distrik na die opleiding; en • Die ontwerp van leersteunmateriaal. Gegrond op die bevindings van die navorsing word moontlike strategieë voorgestel om aan elkeeen van die bogenoemde aandag te skenk: • Hoe behoort opleidingsinisiatiewe vir opvoeders te verbeter ten einde groter sukses op die vlak van die klaskamer te akkumuleer? • Wat behoort die aard van die steun van die distrik aan opvoeders te wees om die behoeftes van die opvoeder te bevredig? • Wat is vir opvoeders nodig om in staat te wees om beter leersteunmateriaal te ontwerp en in die klaskamer te gebruik? / Mrs. I.D. Hariparsad

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:12211
Date14 October 2008
CreatorsMoodley, Edeshri
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0078 seconds