Return to search

A generic campus grid computing framework for tertiary institutions : the case of the University of Stellenbosch

Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: Prior to the invention of Personal Computers the scope of research activities was limited by
the pre-existing capabilities of problem solving mechanisms. However, with the advent of
PCs and inter-networking thereof, the new tools (hardware and software) enabled the
scientific community to tackle more complex research challenges and this led to a better
understanding of our environment. The development of the Internet also enabled research
communities to communicate and share information in real time.
However, even the Internet has limitations of its own when it comes to the need of sharing not
only information but also massive storage, processing power, huge databases and
applications, expensive and delicate scientific instruments, knowledge and expertise. This led
to the need for a networking system that includes these above-mentioned services, using the
Internet infrastructure, semantic web technologies and pervasive computing devices, which is
so called Grid Computing. This research study deals with a Generic Campus Grid Computing
framework, which mobilizes the available idle/extra computing resources residing in the
faculty-computing centres for use by the e-community on CPU-intensive or Data-intensive
jobs. This unused computing capacity could be utilized for Grid computing services; hence,
the already available resources could be more efficiently exploited. Besides, this could be a
huge saving when compared to the cost of acquiring supercomputers by these institutions.
Therefore, this research study intends to establish a simple and functional Generic Campus
Grid Computing Framework at this stage, with the consent that subsequent research studies
could deal with further assessment in a more detailed perspective and practical
implementation thereof. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Voor die uitvinding van die Persoonlike Rekenaar is die omvang van navorsingsaktiwiteite
beperk deur die voorafbestaande vermoëns van probleemoplossingsmeganismes. Met die
verskyning van PR's en die daaropvolgende internetwerking daarvan, het die nuwe
gereedskap (hardeware en sagteware) die wetenskaplike gemeenskap in staat gestel om meer
komplekse navorsingsuitdagings aan te pak. Dit het gelei tot groter begrip van ons omgewing.
Die onwikkeling van die Internet het navorsingsgemeenskappe ook in staat gestel om in reële
tyd te kommunikeer en inligting te deel.
Nietemin, selfs die Internet het gebreke wanneer dit kom by die behoefte om nie slegs
inligting te deel nie, maar ook massiewe stoorruimte, verwerkingskrag, baie groot databasisse
en toepassings, duur en delikate wetenskaplike toerusting, kennis en kundigheid. Dit het gelei
tot die behoefte aan 'n netwerksisteem wat bogenoemde dienste insluit, deur gebruik te maak
van Internet-infrastruktuur, semantiese web tegnologieë, en alomteenwoordige rekenaartoestelle.
Hierdie sisteem staan bekend as "Grid Computing" of te wel Rooster Komputasie.
Hierdie navorsingstudie handel oor 'n Generiese Kampus Rooster Komputasie Raamwerk wat
die ongebruikte, ekstra komputasiebronne, wat beskikbaar is in fakulteite se rekenaargebruikersareas,
mobiliseer vir gebruik deur die e-gemeenskap op SVE-intensiewe of Dataintensiewe
toepassings. Hierdie ongebruikte komputasie kapasiteit kan aangewend word vir
Rooster komputasie dienste; gevolglik kan die beskikbare bronne dan meer effektief benut
word. Verder kan dit lei tot groot besparings wanneer dit vergelyk word met die koste om
superrekenaars aan te koop deur die betrokke instansies. Dus, op hierdie stadium stel hierdie
navorsingstudie dit ten doel om 'n eenvoudige en funksionele Generiese Kampus Rooster
Komputasie Raamwerk te skep met dien verstande dat daaropvolgende studies sou kon fokus
op verdere assessering met 'n meer gedetaileerde perspektief en met praktiese implementasie.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/50248
Date12 1900
CreatorsTewelde Yigzaw, Samuel
ContributorsBotha, D. F., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of Information Science.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format73 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0024 seconds