Return to search

Lewensverhoudings : enkele juridiese aspekte

Text in Afrikaans. / Die definisie van 'n huwelik tref 'n onderskeid tussen heteroseksuele en homoseksuele lewensmetgeselle ten opsigte van die bevoegdheid om te trou. Hierdie onderskeid op grond van seksuele georiënteerdheid mag moontlik ongrondwetlik wees. Voorts is daar 'n menigte regte en verpligtinge wat outomaties uit huweliksluiting spruit, maar nie outomaties op lewensverhoudings van toepassing is nie. Hierdie onderskeid op grond van huwelikstaat mag eweneens moontlik teen die bepalings van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 indruis. Hierdie studie is gevolglik daarop toegespits om ondersoek in te stel na die grondwetlikheid van hierdie twee onderskeide. Die ondersoek word geloods met verwysing na relevante wetgewing en regspraak. 'n Bondige oorsig van fundamentele regte word as agtergrond verskaf. Na afhandeling van die ondersoek word daar aandag geskenk aan die huidige en voorgestelde toekomstige erkenning en regulering van lewensverhoudings in die Suid-Afrikaanse reg, waarna die bevindings saamgevat en krities beoordeel word.

SUMMARY

The definition of marriage differentiates between heterosexual and homosexual life partners with regard to the capacity to marry. This differentiation on account of sexual orientation may possibly be unconstitutional. Furthermore there are a multitude of rights and obligations that automatically flow from marriage, which are not automatically applicable to life partnerships. This differentiation on account of marital status may also violate the provisions of the Constitution of the Republic of South Africa, 1996. Accordingly this study is aimed at investigating the constitutionality of these two differentiations. The investigation is conducted with reference to relevant legislation and case law. A concise overview of fundamental rights is provided as background. In conclusion of the investigation, attention is paid to the present recognition and regulation of domestic partnerships in South African law, after which the findings are summarised and evaluated critically. / Jurisprudence / LL.M.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/2351
Date31 May 2006
CreatorsBeukes, Hendrik Gerhardus Johannes
ContributorsHeaton, J.
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageother
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 electronic resoure (125 leaves)

Page generated in 0.0388 seconds