Return to search

Kriteria vir 'n opleidingsprogram vir die opleier/voorllgter van voedselverbruikers in private huishoudings

Thesis (MTech (Education))--Cape Technikon, 1993. / Hierdie studie is onderneem om die probleme rakende die aankooppraktyk
van voedselverbruikers in private huishoudings te ondersoek, want dit is
duidelik dat duur voedselpryse een van die hoofoorsake vir die afname in
lewenskwaliteit van die gesin is.
Die navorser se betrokkenheid by Huishoudkundeopleiding en spesifiek die
verbruikerswese, asook by naskoolse opleiding, het tot die hipotese gelei
dat opleiding tot verantwoordelike aankooppraktyk in 'n besondere mate In
oplossing vir die aankoopprobleem vir private huishoudings kon bied.
Sodanige opleidingsbehoeftes, hoewel reeds geïdentifiseer, het nog nie
daadwerklik aandag geniet nie.
As 'n vertrekpunt is 'n literatuurstudie onderneem om agtergrondkennis oor
die aankooppraktyk in die algemeen te bekom. Hierdie inligting is benut om
die aankooppraktyk vir private huishoudings in perspektief te plaas en om
'n profiel van die aankoper te bepaal. Dit is nodig om die terrein verder af
te baken om sodoende die geldigheid en toepaslikheid van bevindinge te
verseker.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:cput/oai:localhost:20.500.11838/2144
Date January 1993
CreatorsCrafford, Sharon
ContributorsWelgemoed, S. M.
PublisherCape Technikon
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Rightshttp://creativecommons.org/licenses/by-nc-sa/3.0/za/

Page generated in 0.0019 seconds