Return to search

The assessment of a rural community's needs and expectations regarding a community association

Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: Community associations and community centres have become a common phenomenon throughout South
Africa. The aims of these associations and centres are closely linked to community development. Research
has found that activities related to development programmes at such centres come to an end when facilitators
hand the programmes over to the community. This was indeed the case at the Darling Focus Association
and Centre in Darling. A possible reason for this was that the community's needs and expectations were not
being met. The purpose of this study was to establish whether this Community Association and the services,
activities and programmes presented at the Centre meet the needs and expectations of the rural community.
A literature review was undertaken to present an in-depth look into the body of knowledge surrounding the
study. Rural community development and the notion of rural community were discussed, since they create
the context in which community associations and community centres function. Special attention was given to
the revision of literature on the purposes and functions of community associations and centres. The concepts
of community needs and community expectations were reviewed. The literature review concluded with a
reference to the sustainability of activities following on training and development programmes based on
community needs.
The geographically demarcated area of the study was the rural town of Darling, as well as the Darling Focus
Association and Centre. A context analysis was done and documents were analysed to gain knowledge of
the functioning of the Association and the Centre. The activities, services and programmes offered by the
Association at the Centre were established. A survey was undertaken among the Darling community, the
members of the management committee of the Darling Focus Association and the participants in activities at
the Darling Focus Centre. Samples were selected from these three groups, after which three different
questionnaires were designed and tested and finally administered to the three groups.
Statistical analysis was carried out on the data gathered during the community survey, and frequency tables
and cross-tabulations were constructed. Data gathered from the management and participant surveys was
analysed and described using frequency tables. The analysis showed that the community, the members of
the management committee and the participants in activities at the Centre had different viewpoints on the
functioning of the Association and the Centre. The community survey also revealed the needs of the
community for certain activities, services and programmes, as well as their expectations of the Association.
Comparisons were made between the needs of the community and the activities, services and programmes
offered by the Association. The expectations and viewpoints of the community were also compared with the
viewpoints of the management committee members and the participants. The conclusions of the study indicated that the activities, services and programmes offered by the
Association at the Centre did not meet the needs of the community, and shortcomings were identified. The
viewpoints of the management committee and the participants in activities did not comply with the
expectations and viewpoints of the community. It is argued that this might be the reason for the low
sustainability of activities, services and programmes of the Association. Recommendations are made to the
Association to increase participation within the community and to address the community's needs in order to
improve the sustainability of the activities, services and programmes of the Association. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Gemeenskapsverenigings en -sentrums het al 'n algemene verskynsel in Suid-Afrika geword. Die doel van
hierdie verenigings en sentrums is nou gekoppel aan gemeenskapsontwikkeling. Navorsing het bevind dat
aktiwiteite rondom ontwikkelingsprogramme ophou nadat die fasiliteerders die programme aan die
gemeenskap oorgee. Dit is spesifiek gevind in die Darling gemeenskap, by die Darling Fokus Vereniging en
Sentrum. 'n Rede vir die verskynsel mag wees dat daar nie aan die gemeenskap se behoeftes en
verwagtinge voldoen word nie. Die doel van hierdie studie was om vas te stelof die landelike
Gemeenskapsvereniging en die dienste, aktiwiteite en programme wat in die Sentrum aangebied word, aan
die behoeftes en verwagtinge van die landelike gemeenskap voldoen.
'n Literatuuroorsig is onderneem om 'n in-diepte verslag te lewer van die literatuur wat die teoretiese
onderbou van die studie vorm. Landelike gemeenskapsontwikkeling asook die begrip landelike
gemeenskappe, wat die konteks vorm waarbinne landelike gemeenskapsverenigings en -sentrums
funksioneer, is bespreek. Spesiale aandag is gegee aan die oorsig oor literatuur aangaande die doel en
funksies van gemeenskapsverenigings en -sentrums. Die konsep van gemeenskapsbehoeftes en -
verwagtinge is bespreek en die literatuuroorsig is afgesluit met verwysing na die volhoubaarheid van
aktiwiteite wat volg op opleidings- en ontwikkelingsprogramme, gebaseer op gemeenskapsbehoeftes.
Die geografies-afgebakende studiegebied was die landelike dorpie Darling, asook die Darling Fokus
Vereniging en Sentrum. 'n Konteksanalise is gedoen en dokumente is geanaliseer om kennis te bekom van
die funksionering van die Vereniging en die Sentrum. Die aktiwiteite, dienste en programme wat die
Vereniging aan die gemeenskap by die Gemeenskapsentrum bied, is vasgestel. 'n Opname is verder
onderneem onder die Darling gemeenskap, die lede van die bestuurskomitee van die Darling Fokus
Vereniging en die deelnemers aan die aktiwiteite by die Darling Fokus Sentrum. Steekproewe is van die drie
groepe getrek, drie verskillende vraelyste is ontwerp en getoets en daarna op die drie verskillende groepe
toegepas.
'n Statistiese analise is op die data uitgevoer wat in die gemeenskapsopname ingesamel is, en
frekwensietabelle en kruistabulasies is opgestel. Data wat in die bestuurs- en deelnemersopnames
ingesamel is, is ontleed en met behulp van frekwensietabelle beskryf. Die analises het getoon dat die
gemeenskap, die lede van die bestuurskomitee en die deelnemers aan aktiwiteite by die Sentrum
verskillende sieninge oor die funksionering van die Vereniging en die Sentrum het. Die
gemeenskapsopname het ook die behoeftes van die gemeenskap vir sekere aktiwiteite, dienste en
programme, asook hul verwagtinge van die Vereniging, uitgewys. Vergelykings is getref tussen die
behoeftes van die gemeenskap en die aktiwiteite, dienste en programme wat deur die Vereniging aangebied
word. Die verwagtinge en sieninge van die gemeenskap is ook vergelyk met die sieninge van die
bestuurslede en die deelnemers. Die bevindinge van die studie het getoon dat die aktiwiteite, dienste en programme wat die Vereniging aan
die gemeenskap bied, nie in die behoeftes van die gemeenskap voorsien nie, en leemtes is geïdentifiseer.
Die sieninge van die bestuurskomitee en die deelnemers aan aktiwiteite stem nie ooreen met die verwagtinge
en sieninge van die gemeenskap nie. Daar word verder redeneer dat dit moontlik die rede mag wees. vir die
lae volhoubaarheid van aktiwiteite, dienste en programme van die Vereniging. Aanbevelings word gemaak
vir die Vereniging om die deelname van die gemeenskap te verhoog en om aandag te gee aan die
gemeenskap se behoeftes om sodoende die volhoubaarheid van die aktiwiteite, dienste en programme van
die Vereniging te verbeter.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/50468
Date04 1900
CreatorsCoetzee, Ilse-Marí
ContributorsVan Der Merwe, M. E., Botha, M. J., Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Curriculum Studies.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatp. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.003 seconds