Return to search

Opvoedkundige sielkundige riglyne vir die hantering van die agterblywende gesinslede van die selfmoordslagoffer / Educational psychological guidelines for intervention with families of the suicide victim

Text in Afrikaans / Selfmoord is 'n kontroversiele aangeleentheid wat beide omstanders en agterblywendes met onsekerheid vervul. 'n Belangrike rede hiervoor is dat dit 'n onnatuurlike afsterwe is wat teen baie mense se norme en
waardes indruis. ldiografiese navorsing is onderneem om die belewenisse van agterblywende gesinslede te ondersoek aangesien hulle die eintlike slagoffers van 'n selfmoord is wat met 'n komplekse realiteit gelaat
word. Die doel van die navorsing was om riglyne daar te stel vir die hantering en ondersteuning van hierdie mense. Vanuit 'n in-diepte literatuurstudie, het dit geblyk dat die grootste probleme waarmee agterblywendes gekonfronteer word, wentel random problematiese emosies, veroordeling deur omstanders en belewings van persoonlike onvermoe om te midde van intense rousmart selfaktualisering optimaal te volvoer. 'n Vraelys wat aspekte (socs dit uit die literatuurstudie geblyk het) inkorporeer, is opgestel en aan agterblywendes gegee om te
beantwoord. Van die belangrikste elemente wat na vore gekom het, is dat intense verhoudingskomplikasies na 'n selfmoord figureer, dat agterblywendes 'n behoefte het om rouverwerking teen hul eie tempo te doen, dat agterblywendes verkies dat omstanders nie voortdurend die gebeure sal ontleed en soek na oorsake in die teenwoordigheid van agterblywendes nie en dat elke agterblywende persoon se roubelewing persoonlik en uniek is. 'n Hoofstuk is gewy aan 'n wye verskeidenheid terapeutiese tegnieke wat geimplementeer kan word tydens hulpverlening aan agterblywendes. Die studie beskryf ook 'n gevallestudie en die verloop van sestien individuele terapeutiese sessies. In die terapeutiese insette is daar hoofsaaklik gebruik gemaak van hipnoterapie as 'n vorm van ontspanningsterapie waartydens daar gelokus word op problematiese emosies en persepsies wat voortgesette kwalitatiewe selfaktualisering belemmer. In die studie word Opvoedkundige Sielkundige riglyne vir hulpverlening aan agterblywendes, wat benut kan word deur hulpverleners (soos sielkundiges, onderwysers en ander ondersteuningsisteme). verskaf. Die studie bevestig dat die agterblywendes as die werklike slagoffers na 'n selfmoord agtergelaat word, maar dat sinvolle intervensie hierdie persone in staat kan stel om ten spyte van die gebeure weer optimaal te selfaktualiseer. / Suicide is a controversial topic. It causes both bystanders and survivors to feel insecure. An important reason for this is that it is an unnatural death which directly opposes the norms and values of the majority of people. ldiografic research has been undertaken to closely examine the experiences of suicide survivors as they are the real victims who are left to cope with a complex reality after a suicide. The objective of this study was to provide guidelines to effectively manage and render assistance to survivors. From an in depth review of available literature it appeared that troubled emotions, being denounced by bystanders and the inability to proceed with continued qualitative self-actualization are some of the most important problems survivors have to cope with.
A questionnaire, incorporating significant aspects reported in literature, was compiled and given to survivors to complete. From their responses certain facets seemed to be problematic. Among the more problematic aspects were complicated interpersonal relations, the basic need to grieve at their own pace, the preference that bystanders avoid analysing the suicide and possible contributing factors (especially in the presence of survivors) and the recognition that each survivor's grief is personal and unique. A chapter has been devoted to a wide range of therapeutic techniques that can be implemented to facilitate the support given to survivors. The study also describes a case study as well as the progression of sixteen individual therapy sessions. Therapeutic intervention was mainly based on hypnotherapy as a form of relaxation therapy during which the focus is placed on problematic emotions and perceptions which prevent continued qualitative self-actualization. Educational Psychological guidelines along which assistance can be rendered by psychologists, teachers as well as other support services are given. This study not only confirms that the survivors are the actual victims of a suicide, but also that it is possible to assist these people to achieve optimal self-actualization through meaningful intervention. / Psychology of Education / D. Ed. (Sielkundige Opvoedkunde)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/18061
Date11 1900
CreatorsBarnard, Ilonka
ContributorsRoets, H. E. (Hester Elizabeth)
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Format1 online resource (xvi, 304 leaves)

Page generated in 0.0023 seconds