Return to search

Ondersoek na die afdwinging van nywerheidsooreenkomste, versoeningsraadooreenkomste, vasstellings en bevele van die Nywerheidshof

Text in Afrikaans / In enige arbeidsverhouding bly dit wenslik dat partye hulle
onderlinge verpligtinge vrywilliglik sal nakom. Soms is dit nie
moontlik vanwee die onderlinge wantroue tussen partye nie en
daarom is di t belangrik om te let op wyses van afdwinging van
nywerheidsraadooreenkomste, versoeningsraadooreenkomste en vasstellings
en bevele van die Nywerheidshof.
Nywerheidsrade en versoeningsrade is die instrumente wat daar
gestel is sodat partye onderling kan beding om geskille te
voorkom en ooreenkomste van onderlinge belang te beding. Daar is
sekere regsgevolge verbonde aan die publikasie van sodanige
ooreenkomste en as sodanig word dit as h vorm van ondergeskikte
wetgewing beskou. Wat die afdwinging van sodanige ooreenkomste
betref speel die strafsanksie h belangrike rol.
Ooreenkomste word egter nie noodwendig gepubliseer nie en soms is
die strafsanksie ook nie altyd die aangewese een nie. In
sodanige gevalle sal daar na siviele sanksies gekyk moet word vir
die afdwinging van sodanige ooreenkomste. Daarbenewens maak die
Wet ook voorsiening dat sodanige ooreenkomste as h onbillike
arbeidspraktyk ~n die Nywerheidshof afgedwing kan word.
Die strafsanksie en die siviele sanksie het egter hulle tekortkominge
en dus moet dear gekyk word na alternatiewe wyses vir die
afdwinging van ooreenkomste. / Constitutional, International & Indigenous Law / LL.M

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/17741
Date08 1900
CreatorsVan Niekerk, Johannes de Vries
ContributorsLandman, A.A., Strydom, E.M.L.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (89 leaves)

Page generated in 0.0021 seconds