Return to search

Die antieke ruimtevaarder-teorie : 'n godsdienswetenskaplike studie (Afrikaans)

AFRIKAANS: Die Antieke ruimtevaarder-teorie stel voor dat wesens uit die ruimte die Aarde in die antieke verlede besoek het. Hierdie wesens was betrokke by die vroeë geskiedenis van die planet. Hulle het bewoonbare toestande geskep asook menslike intelligensie deur 'n proses van genetiese ingenieurswese. Hul besoeke is opgeteken en deur mense oorgelewer in godsdienste, mitologieë en antieke legendes. Hul teenwoordigheid is ook nog waarneembaar in antieke fisiese oorblyfsels. Voorstanders van die Ruimtevaarderteorie bied dit aan as 'n wetenskaplike hipotese en as die "mees perfekte algemene noemer van alle tye" wat 'n moderne verklaring vir die oer-godsdiens bied. Afdeling A van die studie bied 'n oorsig oor die teorie en die bewyse wat daarvoor aangebied word. Daar word aangetoon dat, hoewel die meeste van die postulate nie deur die moderne wetenskap as "onsinnig" beskou word nie, dit nie oortuig as 'n werkbare wetenskaplike teorie nie. Omdat daar weinig verskille tussen die basiese onderneming van die wtenskap en die godsdiens bestaan (beide vertrek vanaf onbewysbare aannames om waargenome data te verklaar) word daar vermoed dat die Antieke ruimtevaarder-teorie eerder funksioneer op die vlak van religieusiteit. Hierdie tese word ondersoek in Afdeling B van die studie: Daar word voorgestel dat die Fenomenologiese metode van godsdienswetenskaplike ondersoek, wat poog om 'n fenomeen te verstaan nie soos dit manifesteer nie, maar op die dieper vlak van die funksie en betekenins daarvan, die mees paslike metode vir die ondersoek is. (p> Met gebruikmaking van die insigte van 'n Fenomenologiese benadering, word aangedui dat die Antieke ruimtevaarder-teorie funksioneer as 'n godsdienstige beweging met eienskappe van 'n kulte en 'n nieu-mitologie. Die aanvaarbaarheid van die teorie vir die vele volgelinge daarvan, en die gepaardgaande groei van die bcweging wat dit propageer, word verklaar uit 'n kombinasie van sosiologiese en psigologiese faktore wat aan die werk is in die moderne Westerse beskawing. Vanuit 'n fenomenologiese gesigspunt word gekonkludeer dat die Ruimtevaardcrteorie baie suksesvol op religieuse vlak is. Dit slaag daarin om die Bybel weer "geloofwaardig" te maak en skep weer 'n "kosmiese raamwerk" vir die betekenis van die menslike bestaan. Die teorie kan ook beskou word as 'n prysenswaardige poging tot die sintetisering van godsdiens en die modeme wetenskap vir die aanhangers daarvan, en om die geestelike behoeftes van mense in 'n verwarrende en verwarde wêreld aan te spreek. In 'n slotafdeling word die bevindinge van die studie teologies oorweeg en word die waarde daarvan vir die Chrislelike godsdiens aangetoon. ENGLISH: The Ancient astronaut theory proposes that beings from outer space came to Earth in the distant past. These beings were involved in the early history of the planet: They created habitable conditions and human intelligence by genetic engineering. Their visits were recorded and handed down by humans in their religions, mythologies and ancient legends. Their presence is also visible in ancient physical remains. Proponents present the Astronaut theory as a scientific hypothesis and as "the most perfect common denominator of all time", allowing a modem explanation for old-time religion: Section A of the study provides an overview of the theory and the evidence presented in support of it. It is shown that, although many of the postulates are being accepted by modem science as "not unreasonable", it is not convincing as a workable scientific theory. Since there is little difference between the basic enterprises of science and religion (both departing from unproven suppositions to explain perceived data) it is suspected that the Astronaut theory rather functions on a level of religiosity. This thesis is investigated in Section 8 of the study: It is proposed that the Phenomenological method of studying religion, which attempts to understand a phenomenon not in the way it manifests itself, but on the deeper level of its function and meaning, is the most appropriate for this investigation. Using the insights of a Phenomeno!ogical approach, it is shown that the Ancient astronaut theory functions as a religious movement with attributes of a cult and a new-mythology. The acceptability of the theory for its many followers and the resulting growth of the movement that proposes it, is explained from a combination of social and psychological factors at work in Western society. From a phenomenological point of view it is concluded that the Astronaut theory may be considered very successful on a religious level: It succeeds in making the Bible "respectable" again and it recreates a "cosmic framework" for the meaning of human existence. The theory may also be considered a praiseworthy attempt to synthesise religion and modem science for its supporters and to address the spiritual needs of man in a confusing and confused world. In a final section of the study, the results are being considered theologically and their value. being shown for Christianity. / Thesis (PhD (Science of Religion))--University of Pretoria, 2007. / Science of Religion and Missiology / unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/23339
Date20 March 2006
CreatorsDe Bruin, Gerhardus Stefanus
ContributorsProf P J Van der Merwe, upetd@up.ac.za
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Rights© 2000, University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.

Page generated in 0.0019 seconds