Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: The researcher focuses on the contributions made by community involvement, including
community policing and crime prevention strategies, on the prevention of attempted
murder in Elsies River, a gang ridden area.
A theoretical overview of community policing and crime prevention is provided. The
combination of crime prevention strategies, community involvement and role players to
prevent the contribution caused that give rise to crime, receive attention.
Against this background the applicability of social crime prevention - internationally
tested policing strategies included - is discussed in order to review the act of attempted
murder. Furthemore, the application of the solutions presented at ground level receive
attention and reasons are offered for the successful implementation of the Elsies River
Community- Police Crime Prevention Action Plan in 1998. The reality is compared to the
theory and conclusions are drawn concerning the handling of the problem.
Gang activities in Elsies River and the impact thereof on the reporting of attempted
murder is summarised. The Elsies River Community- Police Crime Prevention Action Plan
which was implemented between April and June 1998, is discussed and the influence
thereof on the reporting of attempted murder is analysed statistically.
In conclusion the findings of the research are enunciated and recommendations are
made to the successful prevention of crime. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie werkstuk word die voorkoming van poging tot moord in Elsiesrivier, 'n
bendegeteisterde gebied, deur middel van gemeenskapsbetrokkenheid,
gemeenskapspolisiëring ingesluit, en misdaadvoorkomingstrategieë ondersoek.
'n Teoretiese oorsig van gemeenskapspolisiëring en misdaadvoorkoming word gegee.
Die kombinering van misdaadvoorkomingstrategieë, gemeenskapsbetrokkenheid en die
betrokkenheid van rolspelers om die aanleidende faktore wat tot misdaad lei te
voorkom, geniet aandag.
Teen hierdie agtergrond word die toepaslikheid van sosiale misdaadvoorkoming, waarby
ingesluit internasionaal getoetste polisiëringstrategieë, bespreek om die voorkoms van
poging tot moord aan te spreek. Voorts geniet die toepassing van die voorgestelde
oplossings op grondvlak aandag en redes word aangevoer waarom die implementering
van die Elsiesrivier Gemeenskap- Polisie Misdaadvoorkomingsaksieplan in 1998 so
suksesvol was. Die praktyk word met die teorie vergelyk en gevolgtrekkings word
gemaak rakende die hantering van die probleem.
Bendebedrywighede in Elsiesrivier en die impak daarvan op die aanmelding van poging
tot moord word oorsigtelik behandel. Die Elsiesrivier Gemeenskap- Polisie
Misdaadvoorkomingsaksieplan wat gedurende April tot Junie 1998 geïmplementeer was,
word bespreek - die invloed wat dié strategie op die aanmelding van poging tot moord
gehad het, word statisties ontleed.
Ten slotte word die bevindings van die navorsing weergegee en aanbevelings word
gemaak om misdaad suksesvol te voorkom.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/51830 |
Date | 12 1900 |
Creators | Rademeyer, Ignatius M. |
Contributors | Meyer, Ivan H., Coetzee, Abraham J. A., Stellenbosch University. Faculty of Economic & Management Sciences . School of Public Leadership. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | af_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 111 p. : ill. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0019 seconds