Return to search

Riana Scheepers se kortverhale geïnterpreteer binne die raamwerk van die karnavaleske (Afrikaans)

AFRIKAANS: In die onderhawige verhandeling word die skepping van 'n eietydse mite by monde van die teorie van die karnavaleske as benaderingswyse by Riana Scheepers se korter prosa bespreek. Die spesifieke doelstelling is soos volg:

om vas te stel of daar vanuit die kamavaleske as basiese benaderingsveld effektiewe riglyne daargestel kan word waarvolgens 'n interpretasie van die kortverhale van Riana Scheepers gedoen kan word;

om aan te dui hoe kultuurgebonde verskynsels in Scheepers se kortverhale ontdek kan word, met ander woorde om Scheepers se verhale aan die hand van die teorie van die kamavaleske te analiseer. Hierdeur kan tot die kerngedagte(s) van die verhale deurgedring word;

om aan te dui hoe daar deur die abstrahering van kulturele verskynsels uit tekste riglyne vanuit die ontginde materiaal gevoer kan word tot die konkretisering daarvan in 'n skepping van 'n eietydse mite;

om aan te dui hoe daar vanuit een verwysingsraamwerk, naamlik die van die kamavaleske 'n geheelbeeld van die betekenis- en werklikheidswêreld van die verskillende kortverhale vasgestel kan word.

In die konsep karnavaleske word die begrippe karnaval en kamavaleske as verskillend onderskei, maar in interrelasie met mekaar. Die begrip karnaval word geassosieer met 'n spesifieke periode waarin sekere kulture deelneem aan 'n fees waarin onder andere die aanvaarde waardesisteme omvergewerp word. Die begrip karnavaleske dui op die verskuiwing van die karnavale in dié van 'n literêre taal. Dieselfde gees as die van die kamavale, in 'n literêre teks, geld ook die karnavaleske; die karnavaleske verskaf 'n spieëlbeeld van die karnavale. Die studie is gebaseer op die hipotese dat die teorie van die karnavaleske voldoen aan die genoemde doelstelling. Om die hipotese te bewys is die volgende aspekte bespreek:

'n oorsigtelike studie om begrippe en idees aangaande die werklikheid wat oor die eeue heen deur die mens bedink is, in sy pogings om te weet en te verstaan wat sit agter alles wat is, en wat sy plek hierin is, vas te stel;

'n indringende bespreking om die teorie van die karnavaleske met betrekking tot die interpretasie van die korter woordkunswerk by Scheepers te verduidelik;

'n in-diepte-studie om vas te stel of daar vanuit die karnavaleske as basiese benaderingsveld effektiewe riglyne daargestel kan word waarvolgens 'n interpretasie van die kortverhale van Riana Scheepers gedoen kan word. Vir die doel word verskeie verhale van Scheepers aan die hand van die teorie van die karnavaleske ondersoek;

'n bespreking waarin die voorafgaande afleiding saamgevat word om aan te dui dat die teorie van die karnavaleske as benaderingswyse aangewend kan word om Scheepers se verhale op 'n nuwe manier te lees.

Die teorie van die karnavaleske is 'n kreatiewe benadering tot interpretasie. Dit bied aan die leser vryheid binne die raamwerk van die eise van 'n literêre teks en die literêre teorie. Deur abstrahering word die leser in staat gestel om we! by die eise wat die woordkunswerk stel, te hou en nogtans nuwe interpretasiemoontlikhede te ontgin. ENGLISH: This study is an attempt to analyse the short stories of Riana Scheepers by using the theory of the camivalesque. More specifically this study attempts:

to determine whether effective guidelines exist for the interpretation of Riana Scheepers' short stories from a particular point of reference, namely the camivalesque;

to indicate how cultural metaphors could be discovered in the short stories of Scheepers;

to indicate how abstracted cultural metaphors could be concretised in the creation of a contemporary myth.
The study is based on the hypothesis that the method of the camivalesque complies with the above-mentioned requirements. To prove this hypothesis the following aspects were considered:
a thorough investigation to explain the theory of the camivalesque as it applies to the interpretation of Scheepers' short stories;

an in-depth investigation to determine whether effective guidelines of the camivalesque as method of approach to the interpretation of Scheepers' short stories exist. To this end various short stories of Scheepers are discussed by means of the theory of the camivalesque;

a discussion wherein the foregoing conclusion is summarised, showing that the method of the carnivalesque could be applied as an approach to reading Scheepers' short stories.

The theory of the carnivalesque is a creative approach to interpretation. It offers the reader the liberty to act freely within the requirements of a given literary work of art and literary theory. / Dissertation (MA (Literature))--University of Pretoria, 2006. / Afrikaans / unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/22872
Date27 February 2006
CreatorsFourie, Annelle
ContributorsProf P H Roodt, upetd@up.ac.za
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Rights© 2001 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.

Page generated in 0.0122 seconds