Return to search

Bestuurs- en klantpersepsie rakende dienslewering in die supermarkbedryf

M.Comm. / Gegewe die agtergrond en die probleemstelling kan die studie soos volg geformuleer word: Die primere doelwit van die studie is om die gaping tussen die persepsie van supermarkbestuurders oor die diens wat gelewer word in hulle ondernemings en die persepsie van hul klante oor die diens wat werklik gelewer is, te ondersoek. Daarbenewens sou die studie ook bepaalde sekondere doelwitte he: 1.3.1. Om die belangrikheid van bestuursdeelname by die lewering van kwaliteit diens aan te dui. 1.3.2. Om aan te dui hoe belangrik goeie klantediens vir die algehele beeld en bemarking van die ondememing is. 1.3.3. Om vas te stel of bestuur die behoeftes van die klant in ag neem by die daarstel van 'n klantediensbeleid. 1.3.4. Om te bepaal of bestuur werklik bewus is van water kwaliteit klantediens in sy ondememing gelewer word. 1.3.5 Om te bepaal wat die verwagtinge is wat die klant koester met betrekking tot klantediens.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:9441
Date16 August 2012
CreatorsEhlers, L.
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0089 seconds