Text in Afrikaans / Alhoewel die lokvalstelsel as misdaadbekampingsmetode lank reeds bestaan, is die
toepassing daarvan nog altyd kontroversieE!I. Hierdie omstredenheid is die laaste paar jaar op die
voorgrond gedryf deur 'n Regskommissie-ondersoek, sowel as deur die aanvaarding van 'n Handves van
Menseregte. Ondersoek word ingestel na hierdie omstredenheid deur te kyk na die inhoud en
toepassing van die stelsel, sowel as na die rol wat private persona, die polisie en die hot by die
stelsel speeL
Die gevolgtrekking waartoe gekom word, is dat die omstredenheid van die stelsel te danke is aan die
feit dat dit verband hou met pro-aktiewe regshandhawing, wat in wese bestaan uit die gebruik van
misleiding ten einde die pleging van 'n misdaad teweeg te bring. Die probleem met pro-aktiewe
regshandhawing is dat dit 'n geleentheid skep vir die uitoefening van polisiediskresie wat
grootliks sonder beheer geskied, met potensiele wanoptrede aan die kant van regshandhawers en die
ondermyning van die publiek se vertroue in die billikheid van die strafregspleging.
Ondersoek word gevolglik ingestel na metodes om diskresie-uitoefening by die lokvalstelsel te
regverdig, aangesien daar wei ruimte is vir diskresionere magte wat behoorlik begrens,
gestruktureer en gekontroleer is. Die vernaamste metodes van beheer oor diskresie uitoefening by
die lokvalstelsel, naamlik die uitsluiting van getuienis en weerstand in 'n strafgeding, word
grondig ondersoek met verwysing na die Engelse-, Amerikaanse- en Kanadese reg.
Dit is egter die uitgangspunt van hierdie proefskrif dat wetgewende strukturering van
diskresie-uitoefening by die lokvalstelsel die mees effektiewe oplossing bied vir meeste van die
problema van die stelsel. Die enigste aanvaarbare basis waarop die lokvalstelsel kan funksioneer,
is om deur middel van wetgewing die trefwydte van toelaatbare lokvaltegnieke en die beperkinge
waarbinne regshandhawers regsonderdane mag beweeg om misdade te pleeg, te definieer. Daar is dus 'n
behoefte aan die kodifisering van standaarde waaraan voldoen moet word voordat enige lokvaloperasie
behoort te begin. / Although the system of trapping has long been used as a method of preventing crime, its
employment has always been controversial. In the recent past, this controversy has come to the
front due to an investigation by the South African Law Commission and the acceptance of a Bill of
Rights. This thesis investigates this controversy by looking at the contents and application of
the system, as well as the role which private persons, the police and the court play in the system.
The conclusion arrived at, is that the controversy surrounding the system is due to the fact that
it has to do with pro-active law enforcement, which consists of the use of deception to induce the
performance of a criminal act. The problem with pro-active law enforcement is that it creates an
opportunity for the exercise of police discretion which is mainly uncontrolled, with
potentialmisconduct on the part of law enforcement officials and the subversion of public trust in
the reasonableness of the criminal justice system.
Consequently, methods by which the exercise of discretion in the system of trapping can be
justified are investigated, since there is room for discretionary powers which are properly
circumscribed, structured and controlled. The main methods of control over the exercise of
discretion in the system of trapping, namely the exclusion of evidence and a defence in a
criminal proceeding, are fully investigated with reference to English, American and Canadian law.
Having considered the above, the conclusion is advanced that legislative structuring of the
exercise of discretion in the system of trapping offers the most effective solution for most of
the problems underlying the system. The only acceptable basis on which the system can function,
is to define the scope of acceptable trapping techniques and the confines within which law
enforcement officials may prevail on someone to commit a crime. This must be done by means of
legislation. Accordingly, there is a need for codification of standards which have to be complied
with before any trapping operation may commence. / Criminal & Procedural Law / LL.D. (Criminal & Procedural Law)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/15582 |
Date | 10 1900 |
Creators | Naude, Bobby Charles |
Contributors | Joubert, J. J. |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | English |
Type | Thesis |
Format | 1 online resource (vii, 328 leaves) |
Page generated in 0.0189 seconds