Return to search

Die geskiedenis van Despatch, 1945-1995: 'n verkennende studie

Hierdie studie se fokus is op die wit Afrikaanssprekende-gemeenskap van Despatch. Daar word op die sosiale, politieke en godsdienstige geskiedenis van die wit Afrikaanssprekende-gemeenskap op Despatch gekonsentreer. Die studie ondersoek slegs die geskiedenis van die wit Afrikaanssprekende-gemeenskap van Despatch aangesien die dorp bekend daarvoor is dat dit oorwegend ʼn wit Afrikaanssprekende-gemeenskap is. Die ekonomie van Despatch en die bruin en swart inwoners word egter kortliks bespreek. Die tydperk van hierdie studie handel van 1945 – 1995. Dit was tydens hierdie jare wat Despatch amptelik as ʼn munisipaliteit gefunksioneer het. Uit die aard van die saak moet die studie gebeure wat aanleiding tot die nedersetting van wit mense langs die oewer van die Swartkopsrivier bespreek. Daar word ʼn kort studie gemaak van die periode 1700 (toe die eerste wit mense hulle langs die oewers van die Swartkopsrivier gevestig het) tot 1939 (wat die begin was van permanente nedersettings langs die syspoor op Despatch). Sekere gebeure word verder as 1995 bespreek. Dit word gedoen om kontinuiteit te behou wanneer belangrike gebeurtenisse, soos die oorskakeling na demokratiese regering in 1994, ondersoek word. Die doel van die studie is om ʼn verkennende ondersoek rakende die geskiedenis van die wit Afrikaanssprekende-gemeenskap van Despatch te doen. Die studie is ʼn verkennende ondersoek omrede nie al die aspekte van die geskiedenis van Despatch ondersoek sal word nie. Slegs die wit Afrikaanssprekende-gemeenskap se sosiale strukture (onderwys, godsdiens en kultuur), munisipale bestuur en politiek sal ondersoek word.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:nmmu/vital:16142
Date January 2010
CreatorsSteyn, Jacobus Pieter
PublisherNelson Mandela Metropolitan University, Faculty of Arts
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis, Masters, MA
Formatix, 180 leaves, pdf
RightsNelson Mandela Metropolitan University

Page generated in 0.0018 seconds