Thesis (MS en S)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: South Africa has moved into a new political era in which all citizens are entitled to
equal access to opportunities. Disadvantaged communities are cherishing high
expectations of what the future will hold for them. To avoid trade-offs that can lead to
the escalation of violence, more efficient management strategies are necessary to
restructure the urban environment and address the problems of a rapidly urbanising
population.
The primary goal of this study is to examine to what extent mixed-use developments
can facilitate economic development within low income communities. The results
indicate that the planning of mixed-use developments, can create strong, welldefined
city structures which will address the current urban deficiencies experienced
in metropolitan areas. Mixed-use developments offer a means to integrate those
parts of the metropolitan area with no coherent and integrated structure into the
larger urban environment. An increase in densities, land use intensification and
passing traffic can create the necessary market thresholds to sustain a wide range of
economic and social activities and facilities that are typically not found in inwardly
turned, peripheral communities. This can increase the standard of living of these
communities by improving their access to economic opportunities, providing
employment and supporting the fulfilment of their economic and social needs.
The informal sector plays an important role in the urban economy. The creation of
multi-functional markets within mixed-use development will stimulate groWth and
employment creation within the informal sector. The higher economic thresholds and
better access to markets and supplies can improve the viability of small -scale informal enterprises. These markets will benefit the local communities by providing a
variety of economic activities and services within the same location. The stimulation
of economic activity within the low income communities can improve the circulation of
money and assist in the prevention of income leakage to other centres.
The implementation of mixed-use development has the potential of addressing the
problems currently inhibiting economic development of low-income communities. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Suid-Afrika het 'n nuwe politieke era betree, waarin alle burgers op toegang tot
gelyke geleenthede geregtig is. Die agtergeblewe gemeenskappe koester hoë
verwagtinge vir die nuwe toekoms. Om te verhoed dat uitruiling ly tot 'n toename in
geweld, is 'n meer doeltreffende stedelike bestuurstrategieë noodsaaklik om die
snelgroeiende bevolking aan te spreek.
Die studie het ten doel om die ekonomiese ontwikkelingskapasiteit van gemengde
grondgebruiksontwikkeling, te ondersoek. Die gevolgtrekking van die studie is dat
gemengde grondgebruiksontwikkeling 'n goed ontwikkelde stadstruktuur tot stand
kan bring, waardeur die bestaande tekortkominge van stedelike gebiede
aangespreek kan word. Dit bied 'n doeltreffende manier om stedelike gebiede,
sonder 'n samehorige en geïntegreerde struktuur, met die groter stedelike gebied te
skakel. 'n Toename in digthede, grondgebruiksintensiteit en deurverkeer sal die
drempelwaardes, wat nodig is om 'n wye verskeidenheid ekonomiese en sosiale
aktiwiteite te ondersteun, skep. Verhoogde toegang tot ekonomiese- en werks
geleenthede sal die lewenstandaard van lae- inkomste gemeenskappe verhoog.
Die informele sektor speel ook 'n belangrike rol in stedelike ekonomie. Die
ontwikkeling van multi-funksionele markte, binne die gemengde grondgebruiksontwikkeling,
kan groei en werkskepping binne die informele sektor stimuleer. Hoër
drempelwaardes en beter toegang tot markte en voorraad kan die lewensvatbaarheid
van informele ondernemings verbeter. Plaaslike gemeenskappe sal voordeel trek uit
die toeganklikheid van 'n verskeidenheid ekonomiese aktiwiteite en dienste binne die
mark. Die stimulering van ekonomiese aktiwiteite binne lae-inkomste gemeenskappe sal die sirkulasie van geld verbeter en die lekkasie van inkomste na ander sentrums
teenwerk.
Die implementering van gemengde grondgebruiksontwikkelings het die potensiaal
om die probleme, wat die ekonomiese ontwikkeling van lae-inkomste gemeenskappe
strem, die hoof te bied.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52340 |
Date | 03 1900 |
Creators | Paul, John David |
Contributors | Muller, J. I., Stellenbosch University. Faculty of Economic & Management Sciences . Dept. of Sustainable Development Planning & Management. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | English |
Type | Thesis |
Format | 102 p. : ill. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.002 seconds