Die doel van die verhandeling is om pluraliteit binne die Sewendedag-Adventistekerk aan te toon. Die konsep "pluraliteit" word gebruik om verskille en groepvorming aan te toon, terwyl die konsep "pluralisme" verwys na 'n ideologiese standpunt ten opsigte van pluraliteit. Verskille en groepvorming is kenmerkend van die Milleriete of Adventbeweging waaruit die Sewendedag-Adventistekerk ontwikkel het. Die oortuiging dat die Sewendedag-Adventistekerk die "oorblyfselkerk" is, lei daartoe dat Adventiste eksklusief aanspraak maak op die "waarheid". Gevolglik staan die "oorblyfselteologie" voor die uitdaging om verskille en groepvorming sinvol te verdiskonteer. Daar is tans polarisasie rondom verskillende sake. Sewendedag-Adventiste sal dit voordelig vind om dialoog te voer oor die moontlikhede wat 'n prakties-teologiese benadering bied in die hantering van pluraliteit. Teorievorming wat die empiriese werklikhede verdiskonteer sal bydra tot die ontwikkeling van 'n teologie wat kennis neem van die mens se behoeftes binne sy leefwêreld. Die benaderings van Van der Ven en Tracy word bespreek. / The aim of the dissertation is to create awareness regarding plurality within the Seventh-day Adventist Church. The concept "plurality" refers to differences and group forming, while "pluralism" refers to an ideological view regarding plurality. Differences and disputes were very much part of the Millerites or Advent movement out of which the Seventh-day Adventist Church developed. The conviction that the Seventh-day Adventist Church is God's remnant church leads to the exclusive "truth" claim of Adventists. Consequently, the remnant theology is facing the challenge to deal with differences and group forming in a constructive manner. Presently there is polarization within the church on various issues. Seventh-day Adventists will find it beneficial to dialogue about the opportunities that a practical-theological approach offers in dealing with plurality. Theory that accounts for empirical realities will contribute to the development of a theology that will be aware of the needs of people. There is a discussion of the approaches of Van der Ven and Tracy. / Practical Theology / M. Th. (Practical Theology)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/1967 |
Date | 30 November 2005 |
Creators | Horn, Ruan |
Contributors | Theron, J. P. J. (Prof.) |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | English |
Detected Language | English |
Type | Dissertation |
Format | 1 online resource (95 leaves) |
Page generated in 0.0026 seconds