Return to search

Die “Profetiese Dialoog” van Bevans en Schroeder - ʼn missionale ekklesiologie vir jonger generasies in die Nederduitse Gereformeerde Kerk

In hierdie studie word daar gebruik gemaak van Stephen Bevans en Roger Schroeder se
boeke Constants in Context, Theology of Missions for Today (2004) en Prophetic
Dialogue, Reflections on Christian Mission Today (2011). Die doel van die navorsing is om
by te dra tot die vorming van ʼn missionale ekklesiologie wat toepaslik en toeganklik is vir
jonger generasies in die Nederduits Gereformeerde Kerk en wat kan help om die rol van
dié kerk in Suid-Afrika te beskryf. Bevans en Schroeder se verstaan van die missionale
aard van die kerk kan insigte help vorm wat jonger teoloë in die NG Kerk kan help om ʼn
eie missionale ekklesiologie te ontwikkel. Profetiese dialoog word in gesprek gebring met
die heidige Suid Afrikaanse konteks.
Die gaping van die konteksbeskrywing in Suid-Afrika gaan deur middel van Dion Chang
(2012) se studie New Urban Tribes of South Africa bestudeer word. Die beskrywing help
om die kultuur verskille en generasie groepe in Suid Afrika beter te identifiseer en te
beskryf vir die raamwerk van hoe om in ʼn profetiese dialoog te kan tree met die huidige
konteks. Richard Robert Osmer (2008:46) beskryf dat die belang van enige studie is om ʼn
deeglike raamwerk te skep van individue, families, gemeente en die gemeenskap buite die
kerk sodat daar duidelike leiding gegee kan word vanaf binne die kerk. Chang het wel ʼn
kommersiële aanslag en fokus, maar die wyse waarop hy die verskeie generasies (Tribes)
beskryf, gee sinvolle agtergrondskennis van hoe die meerderheid mense in Suid-Afrika
funksioneer en hulself ook beskryf. Chang se beskrywing is ʼn toepaslike literatuur studie
vir die navorsing en bring waardevolle kennis tot die huidige beskrywing van ʼn Suid
Afrikaanse konteks. / Dissertation (MTh)--University of Pretoria, 2014. / lk2014 / Science of Religion and Missiology / MTh / Unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/43317
Date January 2014
CreatorsDelport, Nicholas Ivan
ContributorsNiemandt, Cornelius Johannes Petrus (Nelus), delportnicholas@gmail.com
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Rights© 2014 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.

Page generated in 0.002 seconds