Return to search

The effect of extrusion on the degradability parameters of various vegetable protein sources

Thesis (MScAgric)--University of Stellenbosch, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: The objective of this study was to determine the effect of extrusion, as a method of heat
treatment, on the dry matter (DM) and crude protein (CP) degradability parameters of various
vegetable protein sources commonly used in the Western Cape Province, South Africa. The
feedstuffs used were lupins (LUP), full fat soybeans (SB), full fat canola seeds (FCS),
soybean meal (SBM), canola meal (CM) and sunflower meal (SFM).
In the first trial, the degradability parameters were determined according to an in sacco
degradability procedure. Four non-lactating Holstein cows, fitted with rumen cannulae, were
used in the trial and all cows received the same basal lactation diet. The samples were
incubated in dacron bags and bags were removed at intervals of 0, 2, 4, 8, 16, 24 and 48
hours. Dry matter and CP disappearance values were determined and fitted to a onecompartment
model by means of an iterative least-square procedure in order to determine the
DM and CP degradability parameters. Results indicated that extrusion significantly lowered
the effective degradability of the DM-fraction (20.1% on average) of all the feedstuffs, except
LUP, and the effective degradability of CP in all the raw materials (27% on average).
The second trial was an in vitro degradability trial that ran parallel with the in sacco
degradability trial and was done with the aid of a DaisyII Incubator (ANKOM Technology
Corp., Fairport, NY). The same feedstuffs were tested in both trials. A composited sample of
rumen liquor from two of the cows used in the in sacco trial was used for in vitro incubation of
the samples. The data obtained in this trial were analyzed in a similar way to that of the in
sacco trial. Due to a limited amount of residue left after incubation, CP disappearance could
not be calculated at each time interval for SB and SBM in the in vitro trial. In this case, actual
disappearance values after 8h were used to compare treatments. Extrusion significantly
lowered the effective degradability (as determined in vitro) of DM in all the feedstuffs tested (16.8% on average), as well as the effective degradability of CP in LUP, FCS, CM and SFM
(21.8% on average). A comparison of the actual disappearance values after 8 hours
incubation indicated that extrusion also lowered the rate of CP disappearance for SB and
SBM.
The values obtained in the in vitro trial and those from the in sacco trial, for the same
feedstuffs, were compared. It appeared as if the in vitro determined values were overestimations
of the in sacco determined values. A regression analysis showed a high
correlation between the actual in vitro CP disappearance values after 8h incubation and in
sacco determined effective degradability values.
The third part of this study was a set of chemical analysis to determine the effect of extrusion
on certain nitrogen fractions of the feedstuffs tested in the above mentioned trials. Solubility
in a mineral buffer solution was determined to estimate the potential rumen degradability of
the protein. The buffer insoluble nitrogen (BIN) fraction of all the feedstuffs, except FCS, was
significantly increased by extrusion. Extrusion lowered the acid detergent insoluble nitrogen
(ADIN) content of all feedstuffs, except FCS, which could imply that the temperature reached
during extrusion (115°C - 120°C) was not high enough to cause damage to the protein. The
neutral detergent insoluble nitrogen (NDIN) fraction of extruded SB, SBM, CM and SFM was
significantly higher than that of the raw feedstuffs. Extrusion left the NDIN-fraction of FCS
and LUP unaltered. Comparison of the NDIN : ADIN ratio of extruded with that of the raw
feedstuffs provided reason to believe that extrusion had a positive effect on all feedstuffs
(except FCS).
Extrusion appears to be a useful method to decrease rumen degradation of vegetable protein
sources, without causing heat damage. Furthermore, this means that protein sources of
which the use have been limited due to its high rumen degradable protein (RDP) content,
could be included in diets at higher levels following extrusion. The protein sources mentioned
are also good sources of energy and the combination of energy and rumen undegradable
protein (RUP) in the diet of the high-producing dairy cow could only be beneficial. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie was om die effek van ekstrusie op die droëmateriaal (DM) en ruproteïen
(RP)-degradeerbaarheidsparameters van verskeie plantaardige proteïenbronne wat
algemeen in die Wes-Kaap (RSA), gebruik word, te bepaal. Ekstrusie is ‘n metode van
hitteprosessering wat algemeen gebruik word deur plaaslike en internasionale
veevoervervaardigers. Die volgende grondstowwe is geëvalueer: lupiene, volvet sojabone,
volvet canolasaad, sojaboon-oliekoekmeel, canola-oliekoekmeel en sonneblom-oliekoekmeel.
In die eerste proef is die degradeerbaarheidsparameters met behulp van ‘n in sacco studie
bepaal. Vier droë Holstein koeie met rumen kannulas is in die studie gebruik en al vier koeie
het dieselfde basale dieet ontvang. Monsters is in dacronsakkies geïnkubeer en die sakkies
is uit die rumen verwyder na onderskeidelik 0, 2, 4, 8, 16, 24 en 48 uur intervalle. Die
waardes van DM- en RP- verdwyning is bereken en dan met ‘n iteratiewe kleinste kwadraat
prosedure op ‘n een-kompartement model gepas om die in sacco DM- en RPdegradeerbaarheidsparameters
te bepaal. Die resultate van die studie het getoon dat
ekstrusie die effektiewe degradeerbaarheid van die DM-fraksie van al die grondstowwe,
behalwe lupiene, betekenisvol verlaag het (met gemiddeld 20.1%), asook die effektiewe
degradeerbaarheid van die RP-fraksie van al die grondstowwe (met gemiddeld 27%).
Die tweede proef was ‘n in vitro-degradeerbaarheidsstudie wat met behulp van ‘n ANKOM
DaisyII Inkubeerder uitgevoer is en wat parallel met die in sacco-studie gedoen is. Dieselfde
grondstowwe is in beide proewe geëvalueer. ‘n Saamgestelde monster van die
rumenvloeistof van twee van die koeie wat vir die in sacco-studie gebruik is, is gebruik vir die
in vitro-inkubasie van die monsters. Data-verwerking is op ‘n soortgelyke wyse as dié van die
in sacco-studie uitgevoer. As gevolg van ‘n beperkte hoeveelheid residu na afloop van die
inkubasies, kon die RP-verdwyning vir volvet sojabone en sojaboon oliekoekmeel nie bereken word nie. In hierdie geval is waargenome verdwyningswaardes na 8h gebruik om
behandelings te vergelyk. Hierdie studie het getoon dat ekstrusie die effektiewe
degradeerbaarheid van DM (soos in vitro bepaal) in al die getoetste grondstowwe
betekenisvol verlaag het (met gemiddeld 16.8%). Die effektiewe degradeerbaarheid van RP
in lupiene, volvet canola saad, canola oliekoekmeel en sonneblom oliekoekmeel is ook
betekenisvol verlaag (met gemiddeld 21.8%). ‘n Vergelyking van die oorspronklike
verdwyningswaardes van volvet sojabone en sojaboon oliekoekmeel na ‘n inkubasieperiode
van 8 ure het ook getoon dat ekstrusie die tempo van RP-verdwyning uit die rumen vertraag
het.
Die in sacco- en in vitro-bepaalde waardes vir elke grondstof is vergelyk en dit kom voor asof
die in vitro-waardes oorskattings van die in sacco-waardes is. ‘n Regressie-analise het
verder getoon dat daar ‘n hoë korrelasie was tussen die waargenome in vitro RPverdwyningswaardes
na 8 ure inkubasie en die beraamde effektiewe degradeerbaarheid,
soos in sacco bepaal.
Die derde deel van die studie was ‘n stel chemiese analises wat uitgevoer is om die effek van
ekstrusie op sekere stikstof (N)-fraksies van die grondstowwe, wat in bogenoemde proewe
gebruik is, te bepaal. Die oplosbaarheid van N in ‘n mineraal-bufferoplossing kan gebruik
word as aanduiding van die potensiële rumendegradeerbaarheid van die proteïen. Die bufferonoplosbare
N-fraksie van al die grondstowwe (behalwe volvet canolasaad) is betekenisvol
verlaag deur ekstrusie. Ekstrusie het ook die suur-onoplosbare N-fraksie (ADIN) van al die
grondstowwe (behalwe volvet canolasaad) betekenisvol verlaag. Dit kan moontlik daarop dui
dat die temperatuur wat tydens ekstrusie (115°C - 120°C) bereik is, nie hoog genoeg was om
die proteïen in die grondstowwe te beskadig nie. Ekstrusie het die N-fraksie wat onoplosbaar
was in ‘n neutrale oplossing (NDIN) betekenisvol verhoog in volvet sojabone, sojaboonoliekoekmeel,
canola-oliekoekmeel en sonneblom-oliekoekmeel en dit onveranderd gelaat in
lupiene en volvet canolasaad). Die verhouding van NDIN : ADIN van die geëkstrueerde
grondstowwe is vergelyk met dié van die rou grondstowwe. Dit blyk dat ekstrusie wel ‘n
positiewe effek op al die grondstowwe (behalwe volvet canolasaad) gehad het. Dit wil dus voorkom asof ekstrusie wel aangewend kan word om die rumendegradeerbaarheid
van plantaardige proteïenbronne te verlaag sonder om die protein te
beskadig. Dit kan daartoe lei dat proteïenbronne waarvan die gebruik voorheen beperk was
as gevolg van die hoë rumen-degradeerbare proteïen-inhoud daarvan nou wel in rantsoene
ingesluit kan word na die ekstrusie daarvan. Die proteïenbronne, soos genoem, is ook
redelike bronne van energie en die kombinasie van energie en rumen nie-degradeerbare
proteïen in die rantsoen van die hoog-produserende melkkoei kan slegs voordelig wees.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/16333
Date12 1900
CreatorsGriffiths, Jeanne Berdine
ContributorsCruywagen, C.W., University of Stellenbosch. Faculty of Agrisciences. Dept. of Animal Sciences.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatxiii, 79 leaves : ill.
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0151 seconds