Return to search

Cosmopolitanism in early Afrikaans music historiography, 1910-1948

Thesis (MMus (Music))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: Current musicological discourses in South Africa seldom engage with Afrikaans content and
contributions, even though there is an acknowledged large body of writing on music in
Afrikaans. These writings could significantly inform music and general historiographies in
South Africa. This study discusses music-related articles in the following Afrikaans
magazines and newspapers of the early twentieth century: Die Brandwag (1910-1921), Die
Burger (1915-1948), Die Huisgenoot (1916-1948), Die Nuwe Brandwag (1929-1933), Die
Brandwag (1937-1948) and Die Transvaler (1937-1948).
The subject matter of a large proportion of these music-related articles comprises the
history of Western European music. This includes biographies of composers and histories of
stylistic periods, genres and instruments. Despite the physical distance between Europe and
Africa, Afrikaners‘ attraction to Europe borders at times on a feeling of belonging to this
tradition. This cosmopolitan notion of belonging has received little attention compared to
themes of race, language and nationalism in twentieth-century South African historiography.
A neglected Afrikaans discourse on music, however, presents an opportunity to explore the
possibilities of cosmopolitanism in a further interpretation of Afrikaner identity and
understanding of South African history. It is for this reason that the current study is primarily
concerned with tracing the role of musical discourse in Afrikaner society between 1910 and
1948 by investigating notions of cosmopolitanism.
The two theoretical strands of cosmopolitanism that will guide this study concern the
work of Friedrich Meinecke (an early twentieth-century German scholar), and Kwame
Anthony Appiah (who is still active in the field of philosophy). Meinecke‘s work is mainly
concerned with the role cosmopolitan values played in the development of the National State,
with specific reference to Germany from the late eighteenth century to the late nineteenth
century. What attracts Appiah to cosmopolitanism is the freedom it provides for the individual
to create her own identity. To be a citizen of the world need not be a rootless existence, but
allows anyone to be a patriot of the country of her own choice.
Meinecke‘s and Appiah‘s theories of cosmopolitanism, and their different positioning
of the intersecting points between the spheres of the individual, the nation and the globe, will
provide two theoretical frameworks informing the present author‘s attempt to interpret some
of the materials collated for this study. The present writer believes that cosmopolitanism will
prove an appropriate theory to uncover some elements of Afrikaner identity that has hitherto
been ignored. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Ten spyte van die omvang van Afrikaanse tekste oor musiek is daar in die hedendaagse tyd
min musiekwetenskaplike diskoerse in Suid-Afrika wat bemoeienis maak met inhoude en
bydraes wat in Afrikaans gemaak is. Hierdie Afrikaanse tekste besit die potensiaal om nie net
musiekhistoriografie nie, maar ook algemene historiografie in Suid-Afrika meer geskakeerd in
te klee. Die studie handel oor die musiekartikels in die volgende Afrikaanse tydskrifte en dagblaaie van die vroeg twintigste eeu: Die Brandwag (1910-1921), Die Burger (1915-1948),
Die Huisgenoot (1916-1948), Die Nuwe Brandwag (1929-1933), Die Brandwag (1937-1948)
en Die Transvaler (1937-1948)
'n Groot gedeelte van hierdie musiekverwante artikels bespreek onderwerpe uit die
geskiedenis van Wes-Europese kunsmusiek. Dit sluit onder meer in komponis-biografieë,
sowel as geskiedenisse van stilistiese periodes, genres en instrumente. Die Afrikaner se
belangstelling in Europa grens soms aan =n gevoel van Europese solidariteit, ten spyte van die
fisieke afstand tussen Europa en Afrika. Hierdie kosmopolitiese denkwyse verdwyn dikwels
op die agtergrond ten gunste van ander temas soos ras, taal en nasionalisme in twintigste
eeuse Suid-Afrikaanse musiekhistoriografie. 'n Verwaarloosde Afrikaanse diskoers oor
musiek bied 'n geleentheid om moontlikhede van kosmopolitisme te ondersoek in 'n verdere
interpretasie van Afrikaner identiteit en Suid-Afrikaanse geskiedenis. Dit is om hierdie rede
dat die huidige studie idees van kosmopolitisme wil ondersoek ten einde die rol van die
musiekdiskoers in die Afrikaner gemeenskap tussen 1910 en 1948 te bepaal.
Die huidige studie steun op twee teoretiese modelle van kosmopolitisme soos afgelei
uit die werk van Friedriech Meinecke ('n Duitse geskiedkundige van die vroeg twintigste eeu)
en Kwame Anthony Appiah (hedendaagse filosoof). Meinecke se werk fokus hoofsaaklik op
die rol wat kosmopolitiese waardes gespeel het in die ontwikkeling van die nasie-staat, met
spesifieke verwysing na Duitsland van die laat agtiende eeu tot die laat negentiende eeu. Wat
Appiah aantrek tot die idee van kosmopolitisme is die vryheid wat dit aan die individu bied
om haar eie identiteit te skep. Om 'n wêreldburger te wees dui nie noodwendig op 'n
ongewortelde bestaan nie, maar laat enigeen toe om 'n patrioot te wees in die land van haar
keuse.
Meinecke en Appiah se teorieë van kosmopolitisme, hul onderskeie posisionerings
van die individu, die nasie en die wêreld en die snypunte tussen hierdie sfere, bied twee
teoretiese raamwerke vir die huidige skrywer se interpretasies van die materiaal wat vir
hierdie studie versamel is. Die argument word gemaak dat kosmopolitisme 'n gepasde teorie
bied om voorheen geïgnoreerde elemente van Afrikaner identiteit te ontbloot.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/5361
Date12 1900
CreatorsStimie, Annemie
ContributorsMuller, Stephanus Jacobus van Zyl, University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Music.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format216 leaves
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0031 seconds