Return to search

Aviva Pelham : die sanger as crossover-kunstenaar - 'n ondersoek na die verskynsel

Thesis (MMus)-- Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: It is ironic that with so much interest in singing as a career, the possiblities for trained singers are getting less and less, especially in South Africa. With reality programmes such as Idols and Superstars, the popular music world is overflowed with singers with little, if any, voice training. Then there are also singers who try to establish themselves as crossover artists and perform opera arias on stages such as the KKNK Classic Pops and Die Burger’s Afri-Klassiek concerts accompanied by South Africa’s foremost symphony and philharmonic orchestras. But what about the classical singer who cross over into other genres of singing and like some local and international artists have proved to us, musicals could be a genre to explore.
This study explore the possiblity of this type of crossover from classical singing to musical singing. By listening to sound recordings and using a series of musical volumes, songs were identified that the classical singer could sing without harming his or her voice technique.
One of the success stories of this type of crossover is the Capetonian soprano, Aviva Pelham. In 1972 Pelham established herself as an opera singer in Cape Town and then confused the classical world with her appearance as Eliza Doolittle in 1978. After that she had a successful career on both classical and musical stages. During her career of nearly 40 years as performing artist, Pelham appeared in 28 different opera roles, 11 different operetta roles and 10 musical roles.
Aviva Pelham’s achievements were laureated with a Cape Nederburg Opera Prize, four FNB Vita Awards and in 2000 an Arts, Culture and Heritage Award from the Western Cape Minister for Environment and Culture / AFRIKAANSE OPSOMMING: Dit is ironies dat, terwyl daar soveel belangstelling in sang as loopbaan heers, word die geleenthede vir opgeleide sangers meer beperk. In Suid-Afrika veral is die moontlikhede beperk vir klassieke sangers. Met realiteitsprogramme soos Idols en Supersterre is die populêre musiekwêreld vol van sangers met geen of baie min sangopleiding. Daar is dan ook van dié sangers wat probeer om hulself te vestig as crossover-kunstenaars en opera-arias uit te voer op die konsertverhoë, soos bv. die KKNK Classic Pops- en Die Burger se Afri-Klassiek-konserte saam met van Suid-Afrika se voorste simfonie- of filharmoniese orkeste. Maar wat van die die klassieke sanger wat “crossover” in ‘n ander tipe styl van sang en soos deur ‘n paar plaaslike en internasionale kunstenaars al bewys, is musiekblyspele ‘n genre om te ondersoek.
Hierdie studie ondersoek dus die moontlikheid van hierdie tipe “crossover” van klassieke sang na musiekblyspele. Daar word deur middel van klankopnames en ‘n reeks volumes van musiekblyspel-liedere, liedere geklassifiseer wat die klassieke sanger kan sing sonder om sogenaamde skade aan sy of haar sangtegniek te doen.
Een van die sukses-stories van hierdie tipe “crossover” is die Kaapse sopraan, Aviva Pelham. Pelham het haarself as ‘n operasangeres gevestig in 1972 in Kaapstad en die klassieke wêreld ophol gejaag met haar verskyning as Eliza Doolittle in 1978. Vandaar het sy ‘n suksesvolle loopbaan op beide die klassieke en musiekblyspelverhoë gehad. Pelham het gedurende haar loopbaan, van ongeveer 40 jaar as uitvoerende kunstenaar, 28 verskillende operarolle, 11 verskillende operette-rolle en 10 musiekblyspelrolle vertolk.
Aviva Pelham se prestasies is bekroon met ‘n Kaapse Nederburg Operaprys, vier FNB Vita-toekennings en sy is in 2000 vereer deur die Wes-Kaapse Minister vir Omgewings- en Kultuursake met ‘n Kunste, Kultuur en Erfenis-toekenning vir haar bydrae tot die Uitvoerende Kunste.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/85875
Date12 1900
CreatorsVan Der Westhuizen, Barend Nicolaas
ContributorsHerbst, Theo, Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Music.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format240, [300] leaves
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0022 seconds