Return to search

Die uitkomste wat fisies-gestremde kliënte bereik deur hul deelname aan rehabilitasie by ‘n gemeenskapsrehabilitasiesentrum in die Wes-Kaap

Thesis (MOccTher)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: Despite the existence of many guidelines for rehabilitation services both internationally and
in South Africa, there is a need for a uniform format for the measurement and reporting of
outcomes reached by clients utilising these services. Traditionally, statistics on client
numbers fail to report actual outcomes attained by clients.
Aim: This aim of the study was to describe the outcomes achieved by clients after
participating in rehabilitation at the Bishop Lavis Rehabilitation Centre (BLRC) over a three
month period. It was done by describing clients’ function according to the World Health
Organisation’s International Classification of Function (ICF) model, and included both the
environmental and personal factors impacting on an individual’s function.
Method: The study employed a descriptive design and used six measuring instruments which
exceeded acceptable test-retest requirements to gather data from within the framework of the
ICF Model. A field worker was trained to administer the majority of instruments which were
pilot-tested for pre and post-test purposes. A sample of 78 clients who met the inclusion
criteria was selected from the five main diagnostic categories seen at the BLRC. All clients
were evaluated on referral, and again after receiving rehabilitation services for three months.
An open-ended questionnaire was also administered as part of the post-test to obtain clients’
personal perspective on outcomes reached, as well as their subjective opinion of the
rehabilitation experience. Data on the impact of various demographic and environmental
factors on function was also gathered and statistically analysed in conjunction with the
qualitative data obtained from the interviews in order to identify the rehabilitation outcomes
achieved by the clients included in this study.
Results: Clients reported a statistically significant decrease in the impact of disability on
their function, with ‘mobility’ emerging as the aspect of function which improved the most
after rehabilitation. The effect of most demographic and environmental factors investigated
were perceived as facilitating rather than debilitating to rehabilitative outcomes, with ‘faith’
reported to be most facilitating and ‘monthly income’ the most debilitating of all factors.
Subjectively, clients perceived their participation in rehabilitation to be a contributing factor
to the improvement in their function, and generally expressed a positive attitude toward the
rehabilitation experience.
Recommendations based on the results of this study are presented to inform governing bodies
involved in rehabilitation in South Africa. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Ten spyte van die bestaan van veelvuldige riglyne vir rehabilitasie dienste, beide
internasionaal en in Suid-Afrika, is daar steeds ‘n behoefte vir uniforme riglyne vir die
meting en rapportering van die uitkomste wat kliënte bereik met deelname aan hierdie
dienste. Tradisionele statistiek rakende kliëntegetalle rapporteer nie die werklike uitkomste
wat kliënte bereik het nie.
Doel: Die doel van die studie was om die uitkomste te beskryf wat kliënte bereik na hul
deelname aan rehabilitasie by Bishop Lavis Rehabilitasiesentrum (BLRS) oor ‘n drie maande
periode. Dit is gedoen deur kliënte se funksionering te beskryf volgens die Wêreld
Gesondheidsorganisasie se Internasionale Klassifikasie van Funksie (IKF) model, insluitend
beide die omgewings- en persoonlike faktore wat ‘n impak op ‘n individu se funksionering
kon hê.
Metode: Die studie het gebruik gemaak van ‘n beskrywende studiestruktuur. Dit het ses
meetinstrumente gebruik wat beter as aanvaarbare vereistes vir toets-hertoets-betroubaarheid
getoon het om data binne die raamwerk van die IKF-model in te samel. ‘n Veldwerker is
opgelei vir die administrasie van die meerderheid van die meetinstrumente wat vir voor- en
na-toets doeleindes in ‘n loodstudie getoets is. ‘n Steekproef van 78 kliënte wat aan die
insluitingskriteria voldoen het, is geselekteer uit die vyf hoof diagnostiese groepe gesien by
BLRS. Alle kliënte is geevalueer met verwysing en weer na hulle drie maande se rehabilitasie
dienste ontvang het. Administrasie van ‘n oop-einde vraelys is ook as deel van na-toetsing
gedoen om kliënte se persoonlike perspektief van die uitkomste wat hulle bereik het in te
samel, sowel as hulle subjektiewe opinie van die rehabilitasieproses. Data oor die impak wat
verskeie demografiese en omgewingsfaktore op funksionering kon hê is ingesamel, statisties
ontleed en gebruik saam met die kwalitatiewe data wat met onderhoudsvoering ingesamel is
om sodoende die rehabilitasieuitkomste te identifiseer wat behaal is deur kliënte wat ingesluit
was in die studie.
Resultate: Kliënte rapporteer ‘n statisties beduidende vermindering in die impak van
gestremdheid op hulle funksionering, met ‘mobiliteit’ wat uitstaan as die area van
funksionering wat die meeste verbeter het na rehabilitasie. Die effek van die meeste
demografiese en omgewingsfaktore wat ondersoek was, is as fassiliterend eerder as
inhiberend tot rehabilitasieuitkomste ervaar, met ‘geloof’ gerapporteer as die mees
fassiliterende en ‘maandelikse inkomste’ as die die mees inhiberende faktor. Op 'n
subjektiewe vlak het kliënte hul deelname aan rehabilitasie as ‘n bydraende faktor tot hul
verbetering in funksionering ervaar, en het hulle oor die algemeen ‘n positiewe houding
teenoor rehabilitasie gerapporteer.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/71707
Date12 1900
CreatorsKloppers, Maatje
ContributorsPretorius, Blanche, Vlok, Elizabeth Daphne, Stellenbosch University. Faculty of Medicine and Health Sciences. Dept. of Interdisciplinary Health Sciences. Occupational Therapy.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format189, 2 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0143 seconds