Return to search

Emosionele intelligensie : 'n oorsig oor die konseptualisering en meting daarvan

Thesis (MA) -- Universiteit van Stellenbosch, 2002. / This assignment presents a comprehensive review of the different conceptualizations of
emotional intelligence and the debate surrounding the construct. This review article is
important since emotional intelligence is a relatively new field and to date no article has
been published on the topic in South Africa. The article begins with a brief discussion of
the biological bases of emotions. This is followed by a discussion of the development of
the concept of emotional intelligence as a type of intelligence that is independent and
separate from other related types of intelligence. Emotional intelligence is currently
conceptualised within two different schools of thought, namely the Mayer and Salovey
school (the aptitude approach) and the Goleman school (the mixed approach). These
two schools are discussed in depth. This is followed by a critical discussion of the
current instruments used to measure emotional intelligence. Furthermore a brief
examination is made of the practical applications of emotional intelligence, particularly
with reference to education and criminology. Lastly, recommendations for future
research are made. This article concludes that there is much support in the literature
for the conceptualization of emotional intelligence as a separate type of intelligence that,
together with verbal and practical intelligence, exists as a third type of intelligence that
may be a powerful predictor of important life outcomes. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie werkstuk bied 'n omvattende oorsig oor die verskillende konseptualiserings van
emosionele intelligensie en die debat daaromheen. Die belangrikheid van hierdie
oorsigartikel is daarin geleƫ dat emosionele intelligensie 'n betreklike nuwe veld is en
dat daar tot op datum nog nie 'n artikel van so 'n aard in Suid-Afrika verskyn het nie. In
die artikel word daar eerstens kortliks verwys na die biologiese grondslae van emosie.
Daarop volg 'n bespreking van die ontwikkeling van die konsep emosionele intelligensie
en die daarstelling daarvan as 'n onafhanklike tipe intelligensie wat van ander verwante
konstrukte onderskeibaar is. Die huidige konseptualiserings van emosionele
intelligensie word verdeel in twee denkskole, naamlik die Mayer en Salovey denkskool
(die vermoƫbenadering) en die Goleman denkskool (die gemengde benadering). Die
inhoude wat binne hierdie twee denkskole vervat word, word volledig uiteengesit.
Vervolgens word bestaande meetinstrumente vir emosionele intelligensie krities
bespreek. Voorts word daar kortliks aandag gegee aan die toepassingsvelde van
emosionele intelligensie, met besondere verwysing na die onderwys en kriminologie.
Laastens word aanbevelings vir verdere navorsing gemaak. Die finale gevolgtrekking in
die artikel is dat daar sterk steun bestaan vir die konseptualisering van emosionele
intelligensie as 'n onafhanklike tipe intelligensie wat as 'n derde tipe intelligensie, saam
met verbale en nie-verbale intelligensie, "n kragtige voorspeller van belangrike
lewensuitkomste mag wees.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52821
Date January 2002
CreatorsDe Wit, Hendrina Beatrix
ContributorsSpangenberg, J., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of Psychology .
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Format61 leaves
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0018 seconds