Return to search

Die bruikbaarheid van die senior Suid-Afrikaanse individuele skaal vir die evaluering van blanke Afrikaanssprekende, hardhorende kinders

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 1986. / INLEIDING: Gehoorgestremdheid impliseer 'n drieledige verlies - nie net die
verlies van gehoor nie, maar as gevolg daarvan ook die van spraak
en taal. Gehoorgestremdheid het 'n ernstige uitwerking op die
intellektuele vermoe en emosionele lewe van die mens (Badenhorst,
1985).
Navorsers in die sielkunde van gehoorgestremdheid kry te doen met
struikelblokke. Die universum waaruit steekproewe saamgestel
moet word, is beperk en die vakliteratuur is nie voldoende nie.
Die beskikbare toetsmateriaal is beperk en al uitweg is om gebruik
te maak van gestandaardiseerde toetse vir die normaalhorendes.
Resultate wat op die wyse verkry word, voldoen nie aan die
standaarde wat gestel word ten opsigte van betroubaarheid en geldigheid
nie. Taal en kommunikasie is 'n belangrike voorvereiste
vir die meeste vorms van sielkundige navorsing. Navorsing ten opsigte van die gehoorgestremde in die Republiek
van Suid-Afrika word gekompliseer deur die bevolkingsamestelling
en die taal wat gebesig word. Die blanke bevolking is hoofsaaklik
Afrikaans- en Engelssprekend, terwyl die verskillende etniese
groepe elkeen In taal van sy eie het.
Die gehoorgestremdes vorm 'n bron van mensemateriaal wat nuttig
gebruik kan word indien elke gehoorgestremde se volle potensiaal
ontwikkel word.
Kennis van die gehoorgestremde se moontlikhede en beperkinge is
'n noodsaaklike vereiste vir suksesvolle rehabilitasie van so 'n
persoon.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/70441
Date03 1900
CreatorsBadenhorst, Frans Hendrik
ContributorsBrand, H. J., Le Roux, J. A., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Psychology.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format168 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.002 seconds