Return to search

Die invloed van 'n logoterapeutiese groepsaktiwiteit op die sin van die lewe en waardes van 'n groep graad 11 leerlinge van 'n bepaalde gemeenskap

Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: The aim of this study was to measure the influence of a logotherapy activity,
the mountain range exercise on the purpose in life and values of Grade 11
scholars of a specific culture community in the Western Cape.
Two research hypotheses were formulated; firstly, that the logotherapy
activity will help to heighten the meaning in the lives of Grade 11 scholars
and, secondly, that the logotherapy activity would influence the values of
Grade 11 scholars.
The fifty-nine subjects used in the study were Grade 11 scholars at Macassar
High School in the Western Cape. The subjects were divided into an
experimental and control group. Two questionnaires were used in the study:
the Purpose in Life-test (PIL) and the Allport-Vernon-Lindzey Study of Values
(AVL). After the experimental group completed the logotherapy activity they
were divided into four discussion groups, each group consisting of seven or
eight subjects. The groups underwent two discussion sessions. The
experimental group completed the logotherapy activity and a post-test was
carried out on both groups.
Results showed a significant difference between the pre-test and post-test of
the experimental group on the Purpose in Life-test. The first research
hypotheses is hereby supported; that is the implementation of the
logotherapy activity heighten the meaning in the lives of the experimental
group.
The pre-test and post-test results of the experimental group differed
significantly with regard to the economic value. The second research
hypotheses is hereby supported, that is, the implementation of the
logotherapy activity will influence the values of Grade 11 scholars. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van die ondersoek was die meting van die invloed van die
logoterapeutiese groepsaktiwiteit, naamlik die bergreeks-oefening, op die
doel van die lewe en waardes van Graad 11 leerlinge van en bepaalde
kultuurgemeenskap in die Wes-Kaapland.
Twee navorsingshipoteses is geformuleer, naamlik dat die logoterapeutiese
groepsaktiwiteit die sin en betekenis in die lewe van Graad 11 leerlinge sal
verhoog en tweedens dat die groepsaktiwiteit die waardes van die leerlinge
betekenisvol sal beïnvloed.
Die nege-en-vyftig subjekte was Graad 11 hoërskool leerlinge van Macassar
Sekondêr in die Wes-Kaapland. Die ondersoekgroep is ewekansig in en
eksperimentele en kontrole groep verdeel. Twee vraelyste is toegepas: Die
Betekenis in die lewe-vraelys (PIL) en die Allport-Vernon-Lindzey
Waardeskaal (AVL). Nadat die eksperimentele groep die logoterapeutiese
groepsaktiwiteit voltooi het, is hulle in vier diskussiegroepe verdeel, elk met
sewe of agt lede. Die diskussiegroepe het twee groepsbesprekings
ondergaan. Die nameting is op albei groepe gedoen om sodoende te bepaal
of die logoterapeutiese groepsaktiwiteit die navorsingshipoteses ondersteun.
Die eksperimentele groep se voor- en nametingsresultate ten opsigte van
hulle sinsbelewing het beduidend verskil. Die eerste navorsingshipotese is
hierdeur ondersteun, naamlik dat die implimentering van die logoterapeutiese
groepsaktiwiteit die sin van die lewe van die eksperimentele groep verhoog.
Die eksperimentele groep se voor- en nametingsresultate ten opsigte van die
ekonomiese waarde het beduidend verskil. Die tweede navorsingshipotese is
ierdeur ondersteun, naamlik dat die implimentering van die logoterapeutiese
groepsaktiwiteit die waardes van die lewe van die Graad 11 leerling
beïnvloed.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/51710
Date12 1900
CreatorsStramrood, Ilka
ContributorsDe Vos, H. M., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Psychology.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format30 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0022 seconds