Return to search

Die korttermyneffek van 'n lewensvaardigheidsprogram op die selfkonsep en lokus van kontrole van jeugoortreders by 'n gevangenis in die Wes-Kaap

Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: In the research project reported below, the researcher investigates the shortterm effect.
of a life skills program, Free to Grow, on the self-concept and locus of control of juvenile
offenders in the Allandale-prison, by means of the following questionnaires: the Greeff
Self-concept Questionnaire, the Nowicki-Strickland Locus of Control Scale for Children
and the Desired-Undesired Eve.nts Locus of Control Scale. The life skills program is
based on experiential learning principles and focusses on self-development and the
acquisition of a wide spectrum of social skills. The 21 subjects participating in the
project were divided into two groups: The experimental group consisting of 11 subjects
participated in the program over a two week-period for altogether 32 hours, while the
remaining 10 subjects formed the control group. The most important findings of the
study were that the program participants' self-concept showed no statiscally meaningful
improvement, but their locus of control as measured by the Nowicki Strickland Locus
of Control Scale for children, made a statistically meaningful internal shift. The study
concludes with important recommendations for follow-up studies. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In die onderstaande studie is die korttermyneffek van 'n lewensvaardigheidsprogram,
Free to Grow, op die selfkonsep en lokus van kontrole van jeugoortreders in die
Allandale-gevangenis ondersoek met behulp van die volgende vraelyste: die Greeffselfkonsepvraelys,
die Nowicki-Strickland Lokus van Kontrole Skaal vir Kinders en die
Wenslike en Onwenslike Gebeurtenisse Lokus van Kontrole Skaal. Die program is
gebaseer op eksperensiƫle leerbeginsels en fokus op selfontwikkeling en die aanleer
van 'n wye spektrum van sosiale vaardighede. Die 21 subjekte wat aan die projek
deelgeneem het, is in twee groepe verdeel: Die eksperimentele groep bestaande uit 11
subjekte het oor 'n periode van twee weke vir altesaam 32 uur die program deurloop,
terwyl die oorblywende 10 subjekte die kontrolegroep gevorm het. Die belangrikste
bevindings van die studie was dat die programdeelnemers se selfkonsep nie statisties
betekenisvol verbeter het nie, maar dat hulle lokus van kontrole, soos gemeet deur die
Nowicki-Strickland Lokus van Kontrole Skaal vir Kinders, wel statisties beduidend meer
intern geword het na afloop van die program. Die studie word afgesluit met belangrike
aanbevelings vir opvolgstudies.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/51713
Date03 1900
CreatorsVan Zyl, Mariette
ContributorsDe Vos, H. M., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Psychology .
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format55 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.002 seconds